Page 213 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 213
Motor
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige bestuurder geag word gelisensieer te wees om die voertuig te bestuur, indien hy/sy voldoen aan die lisensiewette met betrekking tot enige van die gebiedsgrense waarna in Spesifieke Uitsonderings op alle Onderafdelings 1.2.1 verwys word, of indien daar nie aan enige lisensiewet voldoen word nie bloot vanweë versuim om enige lisensie te hernu wat onderworpe is aan periodieke hernuwing, of indien 'n lisensie nie vereis word deur 'n wet nie, of terwyl sodanige bestuurder leer bestuur en voldoen aan die wette met betrekking tot leerlingbestuurders”.
OPSIONELE BEPERKINGS VAN DEKKING (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Derde party alleenlik
Die volgende word gekanselleer:
1. Onderafdeling A;
2. Onderafdeling C.
Derde party, brand en diefstal alleenlik
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge Onderafdeling A word uitsluitlik beperk tot verlies of skade wat ontstaan weens brand, selfontbranding, weerlig of ontploffing of weens diefstal of kaping. Verder word Onderafdeling C gekanselleer.
Derde party en brand alleenlik
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy kragtens Onderafdeling A is uitsluitlik beperk tot verlies of skade voortvloeiend uit brand, selfontbranding, weerlig of ontploffing. Verder word Onderafdeling C gekanselleer.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op alle Onderafdelings)
1. Die Maatskappy is nie aanspreeklik nie vir enige ongeluk, besering, verlies, skade of aanspreeklikheid:
1.1 terwyl die voertuig met die algemene medewete en toestemming van die Versekerde gebruik word op 'n ander wyse as in ooreenstemming met beskrywing van gebruik klousule;
1.2 opgedoen:
1.2.1 buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige ongeluk, besering, verlies, skade of aanspreeklikheid indien die land wat binnegegaan word, dekking by toegang verskaf nie;
1.2.2 die Maatskappy ook die Versekerde skadeloosstel teen verlies van of skade aan enige voertuig terwyl dit in transito is op see of per lug, tussen hawens of plekke in hierdie grondgebiede, insluitende die laai en aflaai wat met sodanige transito gepaard gaan;
1.3 voortspruitend uit die eienaarskap, besit of gebruik van voertuie:
1.3.1 wat hoofsaaklik gebruik word om plofstowwe soos nitrogliserien, dinamiet of enige ander middel wat algemeen as ʼn hoogs plofbare middel geklassifiseer word of vir die vervoer van gevaarlike chemikalieë;
1.3.2 in die ondergrondse werksaamhede van enige myn of op die laaiblad of aanloopbaan by enige lughawe;
1.4 opgedoen terwyl enige voertuig bestuur word deur:
1.4.1 die Versekerde:
1.4.1.1 terwyl hy/sy onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is (tensy dit toegedien of voorgeskryf word deur, en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ʼn lid van die mediese beroep, behalwe hom-/haarself); of
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 211