Page 211 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 211
Motor
Ongemagtigde passasiersaanspreeklikheid
Ongeag Uitsondering 2 van toepassing daarop, word die skadeloosstelling ingevolge Onderafdeling B uitgebrei om die Versekerde se regsaanspreeklikheid te verseker vir die dood of liggaamlike besering van persone terwyl hulle vervoer word in, of op enige voertuig, of terwyl hulle daarin, daarop, daarvan af, of daaruit klim, strydig met die Versekerde se opdrag aan hulle bestuurders om nie passasiers te vervoer nie. Die skadeloosstellingsperk vir enige enkele voorval sal nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie.
Ongespesifiseerde landboukundige implemente
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel vir verlies van, of skade aan Ongespesifiseerde Landboukundige Implemente terwyl dit vasgeheg is aan die voertuig wat in die Skedule vermeld word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die voertuig omvattend kragtens hierdie Afdeling verseker is;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk is tot R 20 000 (twintig duisend rand) ten opsigte van enige enkele gebeurtenis;
3. die Maatskappy nie aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke eis nie.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Passasiersaanspreeklikheid – kliënte
Onderworpe aan Spesifieke Uitsondering 1 van Onderafdeling B en as teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie is die verwysing na Woordomskrywings 2 en 4 onder Spesifieke Uitsondering 2 van Onderafdeling B gekanselleer en die Maatskappy sal, nieteenstaande enigiets hierin vervat, die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van aanspreeklikheid teenoor passasiers;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 209