Page 209 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 209
Motor
3. die uitbreiding slegs van toepassing sal wees op privaat tipe motorvoertuie en ligte handelsvoertuie met ‘n bruto voertuigmassa (BVM) tot en met 3 500kg.
Inhoud van spuittoerusting
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel in die geval van verlies van, of vernietiging van, of skade aan die inhoud van die tenk van spuittoerusting wat die eiendom van die Versekerde is, en wat regstreeks veroorsaak word deur brand, botsing en omslaan van die Versekerde voertuig.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die voertuig omvattend verseker is ingevolge hierdie Afdeling;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis beperk is tot hoogstens R10 000 (tien duisend rand);
3. die Maatskappy nie aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) ten opsigte van ieder en elke eis nie.
Krediettekort
Indien enige algehele verliesskikking ingevolge Onderafdeling A minder is as die bedrag wat aan die finansier verskuldig is ingevolge ʼn huidige afbetalings- of bruikhuurooreenkoms, betaal die Maatskappy aan die Versekerde ʼn bykomende bedrag gelykstaande aan die tekort, minus:
1. enige agterstallige paaiemente of huurgeld insluitende rente betaalbaar op sodanige agterstallige bedrae;
2. alle premie-terugbetalings vir kansellasie van enige versekeringsdekking wat met die motorvoertuig verband hou;
3. die verhoogde paaiemente of huurgeld wat betaal sou word indien daar geen reskapitaalwaarde aan die einde van die finansieringstydperk bestaan het nie, bereken tot die maand waarin die eis geskik word;
4. die eerste bedrag betaalbaar ingevolge Onderafdeling A;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bedrae betaalbaar hoogstens maksimum skadeloosstelling minus die Eerste Bedrag Betaalbaar ingevolge Onderafdeling A beloop;
2. hierdie endossement nie van toepassing is op ʼn ooreenkoms ingevolge waarvan die bedrag van enige enkele paaiement, buiten die finale reswaarde-bedrag ná die aanvanklike paaiement, met meer as 10% (tien persent) van enige ander paaiement verskil nie;
3. indien sodanige tekort die resultaat is van ʼn hervoorskot ingevolge ʼn afbetalingsooreenkoms of herfinansiering ingevolge ʼn bruikhuurooreenkoms, die versekering ingevolge hierdie Uitbreiding nietig verklaar word;
4. die bedrag betaalbaar onder hierdie Uitbreiding nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule sal oorskry nie, onderworpe aan die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes van hierdie Uitbreiding.
Kwytskelding van eerste bedrag betaalbaar vir noodwiel en gereedskap
As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie sal die Versekerde nie verantwoordelik wees vir die “Eerste Bedrag Betaalbaar” wat vermeld word in die Skedule van hierdie Afdeling nie, in geval van verlies van, of skade aan:
1. 'n noodwiel van 'n privaat tipe motor (insluitende stasiewaens, safari-motors en mikrobusse);
2. gereedskap wat as standaardtoerusting ingesluit word deur die vervaardiger van 'n privaat tipe motor (insluitende stasiewaens, safari-motors en mikrobusse)
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding nie van toepassing sal wees in die geval van verlies van, of verdwyning van die genoemde eiendom vanuit 'n onbewaakte voertuig nie, tensy sodanige eiendom gehou word in die passasierskajuit of bagasiebak wat deeglik gesluit is, en toegang tot die kajuit of bagasiebak van die voertuig verkry word op sigbare, gewelddadige en kragdadige wyse.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 207