Page 218 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 218
Reisend per motor
k) albei voete
l) een voet
m) een hand en een voet
n) vier vingers van enige hand
o) duim van enige hand
p) enige ander vinger van enige hand
q) alle tone aan een voet
r) groottoon van enige voet
s) enige ander toon
100% (een honderd persent) 50% (vyftig persent) 100% (een honderd persent) 70% (sewentig persent) 30% (dertig persent)
5% (vyf persent)
30% (dertig persent) 10% (tien persent)
2% (twee persent)
Permanente ongeskiktheid nie hierin gespesifiseer nie
die % wat, volgens die oordeel van die Maatskappy, so ver as moontlik in ooreenstemming met bostaande voordele is.
VOORBEHOUDSBEPALINGS
Die versekering wat kragtens hierdie Afdeling verleen word, is onderworpe aan die volgende:
1. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om te betaal vir Dood, Permanente Algehele Ongeskiktheid, Tydelike Algehele Ongeskiktheid of Mediese Uitgawes wat volg op ʼn Motorvoertuigongeluk of ʼn reeks Motorvoertuigongelukke, voortspruitend uit een oorsaak ten opsigte van enige enkele Versekerde Persoon, wat meer is as die toepaslike Voordeel vir Dood of Permanente Algehele Ongeskiktheid (wat ook al die hoogste is) nie. Tydelike Algehele Ongeskiktheid en Mediese Uitgawes sal bykomend daartoe betaal word, en is altyd onderworpe aan die gegewe Polisperke wat vermeld word in die Skedule;
2. Die vergoeding vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid sal staak sodra die liggaamlike besering wat die oorsaak van die ongeskiktheid is, sover moontlik herstel het nieteenstaande die feit dat Permanente Ongeskiktheid mag voortduur, maar sal in ieder geval nie vir langer as die getal weke in die Skedule aangedui, betaal word nie.
3. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir meer as die perke hieronder aangedui ten opsigte van doodsvoordele vir Versekerde Persone onder die ouderdom van 15 (vyftien) jaar nie:
3.1 onder ses (6) jaar oud: R20 000 (twintig duisend rand);
3.2 ses (6) jaar en ouer, maar nie ouer as 14 (veertien) jaar nie: R50 000 (vyftig duisend rand).
4. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om aan enige Versekerde Persoon die weeklikse voordeel wat meer is as die gemiddelde weeklikse verdienste wat sodanige Versekerde Persoon sou ontvang het in die 12 (twaalf) maande (of gedeelte daarvan) wat die ongeluk onmiddellik voorafgaan, en wat tot Tydelike Algehele Ongeskiktheid gelei het, te betaal nie.
5. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir meer as 25% (vyf en twintig persent) van die voordeel vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid ten opsigte van Versekerde Persone wat ten tye van die Motorvoertuigongeluk werkloos is nie.
6. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir enige bedrag betaalbaar vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid ten opsigte van enige Versekerde Persoon onder die ouderdom van 15 (vyftien) jaar of enige persoon oor die ouderdom van 15 (vyftien) jaar wat ʼn student is en nie voltyds in diens is nie.
7. Die Versekerde Persoon sal nie onder meer as een Reisend per Motor Versekeringspolis by die Maatskappy verseker wees nie. Indien die Versekerde Persoon egter wél deur meer as een Reisend per Motor versekeringspolis by die Maatskappy verseker is, sal die Reisend per Motor Versekeringspolis met die hoogste voordeel gebruik word om die Versekerde Persoon skadeloos te stel, maar altyd onderworpe aan die Bepalings en Voorwaardes van daardie Polis.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS 1. Blootstelling
Liggaamlike besering sal geag word verhongering, dors en blootstelling aan die elemente in te sluit wat regstreeks of onregstreeks die gevolg is van ʼn Motorvoertuigongeluk.
Bladsy | 216 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022