Page 220 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 220

 5. die Versekerde in ʼn motorvoertuig ry vir deelname aan wedrenne of spoed- of tyd-toetse van enige aard, of terwyl die motorvoertuig gebruik word vir enige ander doel as waarvoor dit gebou en geregistreer is;
6. die Versekerde, as bestuurder van die voertuig of as passasier daarin, terwyl die voertuig deur iemand anders bestuur word en sodanige bestuurder nie in besit van ʼn geldige bestuurderslisensie is wat hom/haar magtig om die Motorvoertuig te bestuur nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitsondering nie van toepassing sal wees op ʼn Versekerde wat ʼn passasier ten tye van die Motor- voertuigongeluk was nie, en nie daarvan bewus was dat die bestuurder nie in besit van ʼn geldige bestuurderslisensie was nie, onderworpe daaraan dat die onus op die Versekerde sal rus om te bewys dat hy/sy nie bewus daarvan was dat die bestuurder nie in besit van ʼn geldige rybewys ten tye van die Motorvoertuigongeluk was nie;
7. die Versekerde wat onder die invloed van dwelms of verdowingsmiddels ten tye van die Motorvoertuigongeluk is, tensy sodanige dwelms of verdowingsmiddels deur ʼn gekwalifiseerde mediese praktisyn toegedien, of voorgeskryf is, en in ooreenstemming met die instruksies van die mediese praktisyn geneem is;
8. die Versekerde wat ʼn Motorvoertuig bestuur terwyl hy/sy meer as die statutêre perk alkohol in sy/haar bloed het;
9. of veroorsaak word deur, of daartoe bygedra deur enige psigiatriese, geestelike of senutoestand van enige aard, insluitende verstandelike gestremdheid en psigopatiese ongesteldheid, depressie, vernamer affektiewe versteurings, psigotiese en neurotiese toestande en alle stres- en angs verwante versteurings, behalwe voordele soos Traumaberading wat ingevolge Uitbreiding 5 verleen word;
10. of veroorsaak deur of daartoe bygedra deur enige aangebore toestand.
Reisend per motor
  Bladsy | 218 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022

























































































   218   219   220   221   222