Page 221 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 221
Reisend per motorfiets
OMSKREWE GEBEURTENISSE
REISEND PER MOTORFIETS
Die Maatskappy sal vergoeding betaal aan die Versekerde, of die Versekerde se boedel, nadat ʼn liggaamlike besering opgedoen is as gevolg van ʼn Motorfietsongeluk soos omskryf, wat regstreeks aanleiding gee tot die dood, permanente algehele ongeskiktheid en/of mediese uitgawes, die Maatskappy kom ooreen om aan die Versekerde, of die Versekerde se boedel die gegewe vergoeding wat vermeld is in die Skedule te betaal.
OMSKRYWINGS
Versekerde
die Persoon wat hierdie Polis uitneem en die polishouer in die Skedule genoem word
beteken die Versekerde wat op ʼn Motorfiets ten tye van die Motorfietsongeluk vervoer word
Versekerde Persoon
ʼn self-aangedrewe motorfiets wat ʼn twee of drie wiel motorfiets is en gelisensieer is om op ʼn openbare pad te ry, insluitende motorfietse met ʼn syspan, gelisensieer om tot en met twee (2) persone te dra, die een die bestuurder en die ander
die passasier wat ook verwys na die agterryer en geregistreer in die Republiek
van Suid-Afrika. Vierwiel-en soortgelyke motorfietse, en motorfietse wat nie gelisensieer is om op openbare paaie te ry nie, is uitgesluit en word nie ingevolge hierdie Polis ingesluit nie
ʼn skielike, onverwagse ongeluk of ʼn reeks ongelukke wat voortspruit uit dieselfde oorsaak wat op ʼn identifiseerbare plek en tyd op ʼn publieke hoofweg binne die Gebiedsgrense en die Versekeringstydperk plaasvind en waarby die Versekerde as bestuurder of as passasier op die Motorfiets soos omskryf, betrokke is
fisiese trauma of liggaamlike besering aan ʼn Versekerde Persoon as gevolg
van ʼn Motorfietsongeluk waar die fisiese trauma of liggaamlike besering die Versekerde beseer of ongeskik laat, en wat geheel en al onafhanklik is van enige ander fisiese of geestelike gestremdheid, gebrek, swakheid of oorsaak wat voor die Motorfietsongeluk bestaan het, en genoemde fisiese trauma of liggaamlike besering lei tot:
1. Dood of Permanente Algehele Ongeskiktheid binne 24 (vier en twintig) maande van die Motorfietsongeluk; en/of
2. Mediese uitgawes aangegaan binne 24 (vier en twintig) maande van die Motorfietsongeluk
algehele, absolute en permanente ongeskiktheid as gevolg van ʼn liggaamlike besering wat die Versekerde Persoon verhoed om sy/haar gewone beroep te beoefen, of enige ander beroep waarvoor hy/sy deur geskikte onderwys en opleiding geskik sou wees
uitgawes wat noodsaaklikerwys en redelikerwys aangegaan word binne
24 (vier en twintig) maande na die Motorfietsongeluk vir mediese, chirurgiese, tandheelkundige, oftalmiese en hospitaalbehandeling, asook noodvervoer
Motorfiets
Motorfietsongeluk
Liggaamlike besering
Permanente algehele ongeskiktheid
Mediese onkostes
Mediese Praktisyn
ʼn wettig gekwalifiseerde mediese praktisyn, behalwe die Versekerde Persoon self of ʼn lid van sy/haar onmiddellike familie
Voordeel
die toepaslike vergoedingsbedrag betaalbaar aan ʼn Versekerde Persoon, altyd onderworpe aan die Bepalings en Voorwaardes van hierdie Polis, volgens die gegewe bedrag vermeld of bepaal in die Skedule
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 219