Page 223 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 223
Reisend per motorfiets
VOORBEHOUDSBEPALINGS
Die versekering wat kragtens hierdie Afdeling verleen word, is onderworpe aan die volgende:
1. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om te betaal vir Dood, Permanente Algehele Ongeskiktheid of Mediese Uitgawes wat volg op ʼn Motorfietsongeluk of ʼn reeks Motorfietsongelukke, voortspruitend uit een oorsaak ten opsigte van enige enkele Versekerde Persoon, wat meer is as die toepaslike Voordeel vir Dood of Permanente Algehele Ongeskiktheid (wat ook al die hoogste is) nie. Mediese Uitgawes sal bykomend daartoe betaal word, en is altyd onderworpe aan die gegewe Polisperke wat vermeld word in die Skedule
2. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir meer as die perke hieronder aangedui ten opsigte van doodsvoordele vir Versekerde Persone onder die ouderdom van 15 (vyftien) jaar nie:
2.1 onder ses (6) jaar oud: R20 000 (twintig duisend rand);
2.2 ses (6) jaar en ouer, maar nie ouer as 14 (veertien) jaar nie: R50 000 (vyftig duisend rand).
3. Die Versekerde Persoon sal nie onder meer as een Reisend per Motorfiets versekeringspolis by die Maatskappy verseker wees nie. Indien die Versekerde Persoon egter wél deur meer as een Reisend per Motorfiets versekeringspolis by die Maatskappy verseker is, sal die Reisend per Motorfiets Versekeringspolis met die hoogste voordeel gebruik word om die Versekerde Persoon skadeloos te stel, maar altyd onderworpe aan die Bepalings en Voorwaardes van daardie Polis
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
1. Blootstelling
Liggaamlike besering sal geag word verhongering, dors en blootstelling aan die elemente in te sluit wat regstreeks of onregstreeks die gevolg is van ʼn Motorfietsongeluk.
2. Kaping
Hierdie Polis is uitgebrei om liggaamlike besering van die Versekerde in te sluit in die geval van onwettige beslaglegging of wederregtelike uitoefening van beheer van ʼn motorfiets waarop die Versekerde reisend is, waar sodanige beslaglegging gepaard gaan met geweld of die dreigement van geweld.
3. Terrorisme
Nieteenstaande enigiets strydig in Uitsondering 1 van hierdie Polis, sal die versekering ingevolge hierdie Polis, uitgebrei word om Dood, Permanente Algehele Ongeskiktheid en/of Mediese Uitgawes wat spruit uit “Terrorisme Aktiwiteit”, soos omskryf in die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en Verbandhoudende Aktiwiteite Wet, 2004 soos gewysig, in te sluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie om enige Voordeel aan die Versekerde te betaal wat voortspruit uit:
1. die uitvoering van verpligtinge deur die Versekerde in terme van die Verdedigingswet, 2002, of die Suid- Afrikaanse Polisiedienswet, 1995 op ʼn plek vanwaar militêre- of polisieaktiwiteite uitgevoer word; of
2. gevolglik op sodanige persoon se werklike verbintenis in enige militêre- of polisieaktiwiteite.
4. Verdwyning
In die geval van die verdwyning van ʼn Versekerde onder omstandighede waar die Maatskappy met ʼn redelike mate van sekerheid kan glo dat die Versekerde liggaamlike besering opgedoen het en dat sodanige liggaamlike besering tot die dood van die Versekerde onmiddellik voor sy/haar verdwyning gelei het, sal die Maatskappy op grond van die veronderstelde dood die Doodsvoordeel soos van toepassing onder hierdie Polis uitbetaal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien, nadat die Maatskappy sodanige voordeel betaal het, daar gevind word dat die Versekerde leef, sal sodanige voordeel onmiddellik aan die Maatskappy terugbetaal word deur die Versekerde of die Versekerde se boedel, wat ook al die geval mag wees.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 221