Page 225 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 225

 Enkel persoon reisend per pad
  OMSKREWE GEBEURTENISSE
ENKEL PERSOON REISEND PER PAD
Die Maatskappy sal vergoeding betaal aan die Versekerde, of die Versekerde se boedel, nadat ʼn liggaamlike besering opgedoen is as gevolg van ʼn padongeluk soos omskryf, wat regstreeks aanleiding gee tot die dood, permanente algehele ongeskiktheid, tydelike algehele ongeskiktheid en/of mediese uitgawes, die Maatskappy kom ooreen om aan die Versekerde, of die Versekerde se boedel die gegewe vergoeding wat vermeld is in die Skedule te betaal.
OMSKRYWINGS
die Persoon wat hierdie Polis uitneem en die polishouer in die Skedule genoem word
 Versekerde
     Versekerde Persoon
Die Versekerde, sy of haar gade en afhanklike kinders soos in die Skedule vermeld. Dekking vir elke afhanklike kind sal staak wanneer die kind die ouderdom van
18 (agtien) jaar bereik of 24 (vier en twintig) jaar indien ʼn voltydse student en normaalweg by die Versekerde woonagtig is
     Voertuig
ʼn selfaangedrewe motorvoertuig wat ʼn:
1. sedan, stasiewa, Veeldoelige voertuig (VDV) of Sportnutsvoertuig (SNV) is en voertuie soortgelyk aan VDV’s en SNV’s wat op alternatiewe wyse as VDV’s en SNV’s beskryf word, gelisensieer om nie meer as tien (10) passasiers, insluitende die bestuurder, te dra nie;
2. Ligte Afleweringswa (LAW) met ʼn dravermoë tot en met 1 500 kg (een duisend vyf honderd kilogram) is, met maksimum drie (3) passasiers in die ruimte spesifiek ontwerp om aan die bestuurder en passasiers sitplek te bied (kajuit). Persone nie in die kajuit van die voertuig nie, word uitgesluit;
3. Ligte Afleweringswa (LAW) is, ook bekend as ʼn dubbelkajuit met ʼn dravermoë tot en met 1 500 kg (een duisend vyf honderd kilogram) met maksimum vyf (5) passasiers in die ruimte spesifiek ontwerp om aan die bestuurder en passasiers sitplek te bied (kajuit). Persone nie in die kajuit van die voertuig nie, word uitgesluit. Die voertuig moet in die Republiek van Suid-Afrika geregistreer wees;
4. bus of minibus is, met inbegrip van die wat gebruik word vir openbare vervoer en deur opvoedkundige instansies met die doel om studente of skoliere en/of opvoeders te vervoer.
Motorfietse met inbegrip van drie- en vierwielmotorfietse of iets soortgelyks, en Voertuie wat hoofsaaklik gebruik word om vrag te vervoer, word uitgesluit en nie kragtens hierdie Polis ingesluit nie
     Padongeluk
ʼn skielike, onverwagse ongeluk of ʼn reeks ongelukke wat voortspruit uit dieselfde oorsaak wat op ʼn identifiseerbare plek en tyd binne die Gebiedsgrense en die Versekeringstydperk plaasvind en waarby die Versekerde as bestuurder of as passasier in ʼn Voertuig soos omskryf, betrokke is, of as ʼn ryer van ʼn trapfiets of as ʼn voetganger wat deur ʼn voertuig van enige aard gestamp word
     Liggaamlike besering
fisiese trauma of liggaamlike besering aan ʼn Versekerde Persoon as gevolg van ʼn Padongeluk waar die fisiese trauma of liggaamlike besering die Versekerde Persoon beseer of ongeskik laat, en wat geheel en al onafhanklik is van enige ander fisiese of geestelike gestremdheid, gebrek, swakheid of oorsaak wat voor die padongeluk bestaan het, en genoemde fisiese trauma of liggaamlike besering lei tot:
1. Dood of Permanente Algehele Ongeskiktheid of Tydelike Algehele Ongeskiktheid binne 24 (vier en twintig) maande van die Motorvoertuigongeluk; en/of
     Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 223












































































   223   224   225   226   227