Page 224 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 224
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om enige voordeel vir enige eis te betaal nie wat regstreeks of onregstreeks voortspruit uit:
1. oorlog, inval, die optrede van 'n buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is al dan nie), burgeroorlog, rebellie, militêre of geüsurpeerde gesag of terwyl die Versekerde op aktiewe diens in die weermag, vloot, lugmag of polisiedienste van enige land is;
2. deelname aan arbeidsonluste, oproer, stakings, uitsluiting of die Versekerde wat ʼn kriminele oortreding begaan;
3. doelbewuste blootstelling aan gevaar (tensy dit in ʼn poging is om ʼn mens se lewe te red), opsetlike selfbesering, selfmoord of poging tot selfmoord;
4. of veroorsaak is deur of bygedra tot deur enige vooraf bestaande fisiese gebrek of misvormdheid of siekte of kwaal of enige toestand waarvoor die Versekerde behandeling of mediese advies ontvang het voor die datum van die Motorfietsongeluk;
5. die Versekerde op ʼn motorfiets ry vir deelname aan wedrenne of spoed- of tyd-toetse van enige aard, of terwyl die motorfiets gebruik word vir enige ander doel as waarvoor dit gebou en geregistreer is;
6. die Versekerde, as bestuurder van die motorfiets of as passasier daarop, terwyl die motorfiets deur iemand anders bestuur word en sodanige bestuurder nie in besit van ʼn geldige bestuurderslisensie is wat hom/haar magtig om die Motorfiets te bestuur nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitsondering nie van toepassing sal wees op ʼn Versekerde wat ʼn passasier ten tye van die Motor- fietsongeluk was nie, en nie daarvan bewus was dat die bestuurder nie in besit van ʼn geldige bestuurderslisensie was nie, onderworpe daaraan dat die onus op die Versekerde sal rus om te bewys dat hy/sy nie bewus daarvan was dat die bestuurder nie in besit van ʼn geldige rybewys ten tye van die Motorfietsongeluk was nie;
7. die Versekerde wat onder die invloed van dwelms of verdowingsmiddels ten tye van die Motorfietsongeluk is, tensy sodanige dwelms of verdowingsmiddels deur ʼn gekwalifiseerde mediese praktisyn toegedien, of voorgeskryf is, en in ooreenstemming met die instruksies van die mediese praktisyn geneem is;
8. die Versekerde wat die Motorfiets bestuur terwyl hy/sy meer as die statutêre perk alkohol in sy/haar bloed het;
9. of veroorsaak word deur, of daartoe bygedra deur enige psigiatriese, geestelike of senutoestand van enige aard, insluitende verstandelike gestremdheid en psigopatiese ongesteldheid, depressie, vernamer affektiewe versteurings, psigotiese en neurotiese toestande en alle stres- en angs verwante versteurings;
10. of veroorsaak deur of daartoe bygedra deur enige aangebore toestand.
Reisend per motorfiets
Bladsy | 222 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022