Page 206 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 206
Verlies van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerders
Die Maatskappy stel die Versekerde skadeloos ten opsigte van die koste van die vervanging van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerders insluitende die alarm-afstandbeheerder en, indien nodig, die herprogrammering van enige gekodeerde alarmstelsel van enige versekerde voertuig ná verlies van enige sleutel of alarmbeheerder van sodanige voertuig of, nadat die Versekerde rede het om te glo dat enige ongemagtigde persoon van ʼn duplikaat van sodanige sleutel of alarmbeheerder in besit mag wees;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis hoogstens R15 000 (vyftien duisend rand) sal beloop;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 250 (een duisend twee honderd en vyftig rand) ten opsigte van ieder en elke eis;
3. die voertuig ingevolge Onderafdeling A verseker is.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Vervanging van voertuie
Die Maatskappy sal, in plaas van 'n monitêre betaling en onderworpe aan die toestemming van die Versekerde en/ of van enige ander belanghebbende party wat aan die Maatskappy bekend is, sodanige motorvoertuig met 'n nuwe motorvoertuig van dieselfde fabrikaat en model vervang (onderhewig aan die beskikbaarheid daarvan), indien dit binne 'n tydperk van 12 (twaalf) maande na die eerste registrasiedatum van sodanige voertuig val, en dit is onderworpe daaraan dat dit nie meer as 30 000 (dertig duisend) kilometer afgelê het nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die voertuig 'n privaat tipe motorvoertuig of ligte handelsvoertuig met 'n bruto voertuigmassa (BVM) tot en met 3 500kg is
2. die verlies van die voertuig weens diefstal is en nie binne 'n redelike tydperk nadat die diefstal by die Maatskappy aangemeld is, opgespoor kon word nie; of
3. die voertuig beskadig is tot ʼn mate dat die koste van herstelwerk 70% (sewentig persent) van die gelyste prys plus belasting wanneer nuut, oorskry;
4. die voertuig kragtens Onderafdeling A verseker is;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
1. die grondslag van skadeloosstelling sal die huidige koste van 'n nuwe motorvoertuig van dieselfde of soortgelyke model wees, onderworpe aan 'n perk van 120% (een honderd en twintig persent) van die maksimum skadeloosstelling soos vermeld in die Skedule, minus die Eerste Bedrag Betaalbaar;
2. in die geval waar 'n voertuig vervang word onder die omstandighede soos in Voorwaardes 2 en 3 hierbo omskryf, sal die Maatskappy geregtig wees op die besit en eienaarskap van die verlore of beskadigde voertuig.
Windskerm/Glas
Die Maatskappy sal die herstel- of vervangingskoste betaal ten opsigte van beskadigde windskermglas, sy- of agterruitglas, hoof-, agter- of vaste soekligte wat deel vorm van enige voertuig soos gegewe in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. geen ander skade aan die voertuig aangerig is nie, wat aanleiding kan gee tot ʼn eis onder die Polis;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar (van toepassing op glas) soos vermeld in die Skedule vir ieder en elke verlies;
3. die voertuig ingevolge Onderafdeling A verseker is.
Wrakverwydering
Die dekking verleen ingevolge Onderafdeling A van hierdie Afdeling word uitgebrei om koste en uitgawes in te sluit wat deur die Versekerde aangegaan word, ten opsigte van die opruiming en verwydering van puin en wrakstukke van enige versekerde voertuig ná skade aan sodanige voertuig deur ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
Motor
Bladsy | 204 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022