Page 202 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 202

 Motor
     Beskrywing van gebruik
   Gebruik vir sosiale, huishoudelike en plesierdoeleindes en gebruik vir die besigheid of beroep van die Versekerde;
maar uitsluitende:
1. verhuring;
2. vervoer van passasiers teen vergoeding of reisgeld-betalende passasiers;
3. wedrenne, spoed of ander kompetisies, tydrenne of tydstoetse;
4. vervoer van plofstowwe;
5. vervoer van enige vrag of passasiers wat die dravermoë oorskry waarvoor die voertuig gebou en gelisensieer is;
6. gebruik vir enige doel ten opsigte van die motorhandel;
7. gebruik vir ander doeleindes as waarvoor die voertuig ontwerp of gelisensieer is.
Die skadeloosstelling van die Versekerde ten opsigte van enige voertuig is van toepassing, terwyl sodanige voertuig onder die beheer of toesig van 'n lid van die motorhandel is, vir doeleindes van opknapping, versiening of herstelwerk, maar uitgesonder as die voertuig in besit, of op kommissie, of andersins is, met die doel om dit te verkoop of iets soortgelyks
 KLOUSULES EN UITBREIDINGS Afstanddoening van subrogasieregte
Die Maatskappy doen vir die doel van hierdie Afdeling afstand van alle subrogasie- of gedingvoeringsregte wat hulle mag hê of wat hulle mag verkry teen enige ander persoon op wie die skadeloosstelling hierkragtens van toepassing is, en elke sodanige persoon moet die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes (Algemeen sowel as Spesifiek) van hierdie versekering nakom, uitvoer en daaraan onderworpe wees in soverre dit van toepassing mag wees.
Deel van voertuig
Die aanvaarding van betaling vir saamrygeleenthede van passasiers in privaat tipe motors (soos omskryf), en in die passasierdraende kompartement van ligte afleweringsvoertuie met ʼn dravermoë van hoogstens 3 500 kg (drie duisend vyf honderd kilogram), sal nie wanneer dit deel uitmaak van ʼn voertuigdeelooreenkoms vir sosiale doeleindes of pendel, as uitgesluit kragtens die Beskrywing van Gebruikvoorwaardes beskou word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die passasiers nie in die loop van ʼn passasiervervoerbesigheid vervoer word nie;
2. die algehele betalings wat vir sodanige ritte ontvang word, nie enige element van wins insluit nie.
Kruisaanspreeklikhede
Waar meer as een Versekerde in die Skedule vermeld word, stel die Maatskappy elke Versekerde afsonderlik, en nie gesamentlik nie, skadeloos en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige Versekerdes ontstaan, word hanteer asof afsonderlike Polisse aan elk uitgereik is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie die skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule oorskry nie.
Nood-akkommodasie
Die dekking verleen ingevolge Onderafdeling A van die Afdeling, met betrekking tot privaat tipe motorvoertuie en ligte handelsvoertuie met 'n BVM tot en met 3 500kg, word uitgebrei om akkommodasie vir die Versekerde, sy/haar gade sowel as enige passasier wat saam met die Versekerde reis, in te sluit wat volg op ʼn noodgeval as gevolg van:
1. verlies of skade aan die voertuig; of
2. meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking van die voertuig;
 Bladsy | 200 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   200   201   202   203   204