Page 200 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 200
3. die Versekerde skadeloosstel terwyl hy/sy persoonlik enige privaat tipe motorvoertuig bestuur, of gebruik wat nie aan hom/haar behoort nie, en nie ingevolge ʼn huurkontrak of opskortende verkoopsooreenkoms aan hom/haar verhuur word nie, of op bruikhuur beskikbaar gestel word nie, met dien verstande dat die Versekerde ʼn indiwidu is, en dat hy/sy ʼn voertuig wat onder Omskrywing van ʼn Voertuig 1 of 2 beskryf word, hierkragtens verseker het;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik is vir skade aan die voertuig terwyl dit bestuur of gebruik word nie;
4. die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van aanspreeklikheid wat ontstaan weens die sleep van enige ander voertuig of sleepwa (insluitende aanspreeklikheid in verband met die gesleepte voertuig of sleepwa) deur ʼn voertuig (behalwe teen vergoeding)
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik is vir skade aan die gesleepte voertuig of sleepwa of vir die eiendom daarin of daarop nie.
SKADELOOSSTELLINGSPERKE
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge hierdie Onderafdeling ten opsigte van enige enkele gebeurtenis beloop hoogstens die skadeloosstellingsperke wat vermeld word in die Skedule.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling B)
Die Maatskappy is nie ingevolge hierdie Onderafdeling aanspreeklik ten opsigte van die volgende nie:
1. enige skadevergoeding of eis wat binne die bestek van enige Verpligte Motorvoertuigversekeringswetgewing val. Hierdie Uitsondering geld nieteenstaande die feit dat geen ander versekering ingevolge sodanige wetgewing van krag is of aangegaan is nie, ongeag of die toepaslike wetgewende fonds in staat is om vergoeding te betaal of nie;
2. dood of liggaamlike besering van enige persoon wat in, of op ʼn voertuig beskryf in Voertuigomskrywing 2, 3, 4 of 5 vervoer word, of daarin, daarop, daarvan af, of daaruit klim ten tye van die plaasvind van die gebeurtenis waaruit enige eis ontstaan (behalwe enige persoon wat in, of op ʼn permanent omslote passasierdraende kompartement van ʼn handelsvoertuig met ʼn dravermoë van nie meer nie as 1 500 kg [een duisend vyf honderd kilogram] vervoer word of wat daarin, daarop, daaruit, of daarvan afklim);
3. aanspreeklikheid wat voortspruit uit die werkverrigting, demonstrasie of gebruik (vir ander doeleindes behalwe die instandhouding of herstel van ʼn voertuig) van enige gereedskap of toerusting wat deel uitmaak van, of vasgeheg is aan, of gebruik word in verband met ʼn voertuig, of enigiets vervaardig deur, of gehou in enige sodanige gereedskap of toerusting. Hierdie uitsondering is nie van toepassing op vurkhysers nie.
4. indien dit vereis word dat die bestuurder van die versekerde voertuig afsonderlike derdepartyversekering spesifiek tot enige ander betrokke land aangaan, sal die Maatskappy nie die Versekerde skadeloosstel van enige regsaanspreeklikheid wat hy opgeloop het, deur die gebruik of besit van die versekerde voertuig, terwyl hy in die betrokke land buite die grense van Suid-Afrika is nie.
ONDERAFDELING C – MEDIESE ONKOSTE OMSKREWE GEBEURTENISSE
Indien ʼn insittende in die gespesifiseerde deel van ʼn voertuig hieronder beskryf regstreeks in verband met sodanige voertuig op gewelddadige, toevallige, uitwendige en sigbare wyse liggaamlike besering opdoen, betaal die Maatskappy aan die Versekerde die mediese onkoste in verband met sodanige besering tot hoogstens ʼn bedrag van R10 000 (tien duisend rand) per beseerde insittende en R 50 000 (vyftig duisend rand) in geheel vir alle beseerde insittendes as gevolg van ʼn voorval of ʼn reeks voorvalle voortspruitende uit een gebeurtenis.
Die bedrag betaalbaar ingevolge hierdie Onderafdeling word verminder met enige bedrag wat ingevolge enige Ongevallevergoeding- of soortgelyke Wetgewing of onder enige mediese-uitgaweskema of mediese versekering verhaalbaar is.
Die uitdrukking “Mediese Onkoste” sluit in enige koste wat aangegaan word in verband met sodanige insittende se bevryding uit sodanige voertuig of sy/haar vervoer na ʼn plek waar mediese behandeling toegedien kan word.
Motor
Bladsy | 198 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022