Page 198 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 198
BEPALINGS
1. Opskortende verkoopsooreenkoms
Indien die voertuig, na die wete van die Maatskappy, onderworpe is aan ʼn opskortende verkoops- of soortgelyke ooreenkoms, sal sodanige betaling gemaak word aan die eienaar wat daarin beskryf word, wie se kwitansie as volle en finale ontslag vir die Maatskappy ten opsigte van sodanige skade of verlies sal dien.
2. Eerste bedrag betaalbaar
Ten opsigte van ieder en elke gebeurtenis wat tot ʼn eis ingevolge Onderafdeling A aanleiding gee, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir die Eerste Bedrag Betaalbaar wat in die Skedule vermeld word (na gelang van die soort voertuig), van enige uitgawe (of enige mindere uitgawe wat aangegaan mag word), waarvoor voorsiening gemaak word ingevolge Onderafdeling A (insluitende enige betaling ten opsigte van koste, uitgawes en fooie), en van enige uitgawes wat deur die Maatskappy aangegaan is, in die uitoefening van enige gelang wat hy/sy ingevolge hierdie versekering mag hê. Indien die onkostes wat deur die Maatskappy aangegaan is enige Eerste Bedrag Betaalbaar insluit waarvoor die Versekerde verantwoordelik is, moet sodanige bedrag onverwyld deur die Versekerde aan die Maatskappy terugbetaal word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die eerste bedrag betaalbaar vrygeskeld sal word indien daar aan al die volgende vereistes voldoen word:
1. die Versekerde of sy/haar gade tussen die ouderdom van 55 (vyf en vyftig) en 75 (vyf en sewentig) jaar is
2. die geregistreerde eienaar van die versekerde voertuig is, waarvan die voertuig enige privaat tipe voertuig, ligte afleweringswa (LAW) of paneelwa is (soos omskryf in Omskrywing 1 van hierdie Afdeling van die Polis); en
3. die bestuurder van die versekerde voertuig is ten tye van die verlies.
3. Brand, weerlig en ontploffing
Die eerste bedrag betaalbaar sal nie van toepassing wees op verlies of skade as gevolg van brand, weerlig of ontploffing nie.
4. Klanktoerusting
Ingevolge ieder en elke voorval wat aanleiding gee tot ʼn eis wat volg op diefstal of poging tot diefstal van motorradio’s, kassetspelers en enige ander toerusting van soortgelyke aard, of telefone:
4.1 indien deur die vervaardiger verskaf word wanneer nuut
die vervangingswaarde van die item onderworpe aan die standaard Verpligte Eerste Bedrag Betaalbaar soos vermeld in die Skedule;
4.2 nie deur die vervaardiger verskaf word nie wanneer nuut (na verkope installasie)
nie as ʼn aparte item in die Skedule gespesifiseer nie en beperk tot hoogstens R3 500 (drie duisend vyf honderd rand) onderhewig aan ʼn Eerste Bedrag Betaalbaar van R500 (vyf honderd rand).
4.3 in die Skedule gespesifiseer
die bedrag vermeld in die Skedule en verminder deur die eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die Skedule.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling A)
Die Maatskappy is nie aanspreeklik nie om te betaal vir enige:
1. gevolglike verlies van enige oorsaak hoegenaamd;
2. geld betaal vir die opgradering of verlenging van ʼn onderhoudsplan of soortgelyke uitgawe;
3. waardevermindering, hetsy dit ontstaan weens herstelwerk ná ʼn Omskrewe Gebeurtenis of andersins;
4. slytasie en verweer;
5. meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking, weiering of brekasie;
Motor
Bladsy | 196 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022