Page 117 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 117
TOUWYS
Draai die spieëltjies, skuif die sitplek – op ‘n sagte noot gly die hibriede Nissan in die swermende verkeersirkel in.
Mens het soveel oë nodig!
Hier dring riviere fietsers aan
dat elke ander vorm van verkeer
moet toegee. Om aan die “verkeerde” kant te bestuur is soos ‘n helder droom. Mens weet jy’s in een,
want deure maak andersom oop
en alles is teenoorgesteld in vergelyking met wakker wees. Blêrrie Google Maps praat te laat en ons mis die afdraai...
Soveel toesig hier.
Ek waag ‘n verbode draai
om die snelweg na wie-weet-waar te vermy
terwyl elektroniese oë glim bo die gehuurde kar. In Ikea se toilette stort ek trane
dan staal ek myself en stap na jou toe