Page 128 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 128
GRONDVAT, TORONTO
In ‘n foto bokant die vervoerband
kondig ‘n sirkel tone van vele vorme en kleure aan dat almal welkom is in Toronto.
Waar ons met paspoorte kronkel,
bewonder ek die Koreane se styl –
in my volgende lewe
gaan ek na ‘n tien-uur vlug, só elegant arriveer.
Vlugvoosheid begin wys
wanneer ek in die badkamer
Voltaren gel op my tanderborsel spuit.
By die volgende vertrekpunt
draai ek terug,
spring weer op die pendeltrein
na Terminaal 1 waar ek vandaankom –
‘n Air Turkey-hemelbesem van Jamaica blaf, “Sit, wait — if I retrieve your suitcase late, we’ll rebook you.” My hart sink.
Dis reeds elf namiddag.
Hy keer terug. Groot, vreemd, getrou.