Page 129 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 129
Waarsku my om nié die rugsak te wys wanneer ons verby doeane stap nie, terug die lughawe se ingewande in.
Tas gekry! Hol weer,
om die pendeltrein te haal na Terminaal 2.
By inboek maak haar deernis my huilerig. Bagasiefooi oorgesien
omdat my kredietkaart nie werk nie
en ek die vliegtuig kon mis.
“You go – I’ll check in your case.” Sekuriteit soek sagkens.
“That way -- Run!”
By die hek, selfs tyd oor
om die langbeen-ma en haar drie kleintjies te beny wat vliegtuig toe waggel soos eendjies.
Aan boord vir Halifax, heelwat ná middernag.
Om twee namiddag buite hierdie klein lughawe is ‘n enkele taxi buite in die yswind
my enigste opsie.
Vir ‘n uur lank klou ek vas
soos ons snel om die rand van Nova Scotia.