Page 131 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 131
WEER ATATÜRK, HUISWAARTS
Op hierdie hoogmode-lughawe
se luukse rusbank vir die gewone reisiger slaan ek, slaap-ontneemde zombie, neer.
Voor ek deur die eindelose put tuimel, val die teerste beeld my op –
‘n Japanese ma, fyn van been drapeer vaardig‘n sagte serp om haar, met ‘n opening onder die ken
om in af te kyk --
en onder borsvoed sy ‘n wriemelende kleuter
tot die rustelose klein koppie met blink, swart hare
slap word, stil
met slaap.
Sy staan op, knoop die kind om haar lenige heupe, stap weg uit die grense van my sig.