Page 25 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 25
EERSTE OMHELSING, FINLAND
Berken-geur op stomende vel
tree sy uit die sauna
oorhellend op die rand van die jettie.
Sirkelwoud in ‘n saal vol spieëls -- sy sien die ander een onderstebo,
grinnik – die lelike eendjie bibber.
Maar hierdie keer duik die swaan in – vuurwarm vel, yswater:
swart fluweel swoel in vloeiende lig wanneer middernagson
wintershart ontmoet.