Page 27 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 27

IN ISRAEL HET DIE SKIPPER GEWEIER
In Israel het die skipper geweier – dis teen die reëls. Maar ons het gesmeek, toe maak hy ‘n uitsondering: “Net drie van julle.”
Ons het op die reeling geklim en gespring...
Ontspanne het ek in glimmende water
gesink
oë geopen
diep in die See van Galilea tussen flitse van kwik.
Op na die oppervlak: omgedraai, gedryf; lig
in, en om, en deur...
Nou glo ek
wat oor vloeistof gesê word
is waar:
poorte
waar Gees
tussen wêrelde gly.




















































































   25   26   27   28   29