Page 31 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 31
HAPPY 4TH OF JULY
Op ‘n somerboot op die Seine
het ek en jou pa en ouma gevaar. Toe ons daardie aand
‘n brug by die Eiffeltoring nader, hang ‘n skare Amerikaners
oor die reeling en skreeu,
Happy 4th of July!
Min sou ons daardie aand
in die Stad van Ligte kon raai
dat daar vyf jaar later
op VSA Onafhanklikheidsdag,
‘n wese die wêreld sou betree
met ‘n kyk in haar oë wat beteken, ek gaan op 12 die huis verlaat
en op 21 in ‘n vreemde land
my eie huur betaal.