Page 33 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 33

AFRIKA-KIND
In München was somer ysig.
En jy, arme ding, vasgevang –
lae klere en vasgegespe in jou stootkar oral waar ons gaan
sodat ek jou kon beskerm en beheer, my onverskrokke twee-jarige
(op en af van die treine en busse
– mense oral,
speelplek min).
Toe vind ek ‘n park –
en jy spring uit, skreeu en nael die paadjie af
terwyl jy van lae ontslae raak –
klere vlieg deur bibberende lug
in amper-donker reën; eindelik vry en nakend.






















































































   31   32   33   34   35