Page 35 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 35

BARCELONA SCIENCE MUSEUM
Vanuit die museumwinkel sien ons die groot sonwyser: koper insetsels glinster in swart marmer
uitgestrek in Spaanse son.
Jy hardloop die deur uit, huiwer ‘n oomblik: in jou mooi rooi rokkie, my tien-jarige,
spin jy in wawiele oor mensgemaakte lyne.
In die portaal glimlag waspop-Einstein, want soos jy, weet hy:
lyne keer dat ons kop verloor,
maar die natuur is nie reguit nie en tyd werk, onder andere, ook in keëls en sirkels.



























































































   33   34   35   36   37