Page 41 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 41

LINKS
My man sê altyd,
“As jou brein sê draai regs, draai links, my Lief.”
In Florence het ek alweer nie gedink nie – sirkel toe vir ure, geen toeriste oor nie...
net ‘n donna in ‘n swart gewaad wat in ‘n kapeldeur sit en slaap.
En in die groen binnehof
het ‘n gespykerde wolk
al die geel madeliefies aan die brand gesteek.



























































































   39   40   41   42   43