Page 5 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 5
Oor Lig Reis
Ek skryf hier oor reis-ondervindinge vanaf my swangerskap in 1998, tot 2019 toe my kind 21 geword het -- moederskap my nuwe oë gegee, en my vrae en plesier geïntensifiseer.
Hierdie belewenisse is te danke aan my akademiese werk wat reisgeleenthede bied. Ek is as opvoedkundige tegnoloog verbonde aan die Durban University of Technology.
Ek sou nie hierdie ondervindinge kon hê sonder Stephen (die beste pa in die wêreld) en soms my liefdevolle ma Ina, wat daardie kere toe ek alleen gereis het, die fort tuis gehou het nie.
Onlangs het moederskap my motivering geword vir reis, omdat Megan na hoërskool Nederland toe verhuis het om te studeer.
Vyf verse kom uit vorige versamelings, maar hier verskyn dit met vertalings. Uit Begin: “Ride for Free” (voorheen getiteld “Havoc in my Belly”) en “First Embrace, Finland”. Uit Amytis: “Rooftop Room”. Uit Step Through: “Pocketful of Berries” en “Hyde Park”.