Page 79 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 79
GREINIGE DOKUMENTÊR
In die laaste kamer van die Flamenco-museum Is ek omring deur ‘n gechoreografeerde dans In hi-tech teen die mure.
Ek bly net ‘n paar minute,
gedagtes reeds oorstroom.
Skei die gordyn om die uitstalling te verlaat. ‘n Effense skaduweetjie kruis my pad – vanuit die binnehof se daglig
kyk ek terug die kamer in:
‘n kleuter staan alleen in die donker.
Oomblikke later loer haar pa in, soekend, “Monique?”
In die voorportaal bestudeer ek die kaart. Die kamer waar die dogtertjie was
se naam is Duende.
Rilke noem dit geestelike energie.
Jung se primêre stof,
donker stof volgens fisika:
“We know it is out there
but we cannot clearly identify exactly what it is.” *
Wortel van kunssinnige krag, sê Lorca: