Page 84 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 84

SKADU-HART
Hallo uit Tolosa,
geagte Professor Wade.
Vandag, op die vooraand van my terugkeer vanuit hierdie Spaanse stadjie
se Basque-distrik,
het ek ‘n ou man uit Italië ontmoet.
Marco besit Teatri Mobili. Oor ete vertel hy toe,
in die woude van Viterbo
is daar ‘n spesiale rooi-oog vlieg –
as mens op dagbreek wag
om te sien waar dit huiwer en rus,
is dít wanneer die raarste truffels naby is.
Vroeër vanaand in die vierkant
buite Tolosa se marionet-museum
het ‘n klein skare in ‘n geel bus ingedruk. Marco se seuns met gebeitelde kenne,
en hulle ink-oog vroue
met Argentynse en Euskara-tonge
het ‘n woordlose spel gespeel.
Ek wil graag my kaartjie huis toe kanselleer.
















































































   82   83   84   85   86