Page 5 - Farm Worker 84
P. 5
DIE PLAASWERKER WORD NEGE!
Die Plaaswerker tydskrif het hierdie jaar sy 9de bestaansjaar herdenk en met behulp van Total en Mega Groep van
Maatskappye kon ons dit behoorlik vier.
In September het ons kans gekry om tydens Agri Mega Week ‘n lekker partytjie te hou vir van ons lesers. Die dag het
afgeskop met inspirerende praatjies deur Jerome Thomas, wenner van die Wes-Kaap Prestige Agri Toekennings in
2014 en Rita Andreas, provinsiale wenner Wes-Kaap Prestige Agri Toekennings 2009 Albei is ook deel van die Pres-
tige Plaaswerker Forum. Hulle het hul stories met ons kom deel en vir almal motiveer om hul bes te doen en nooit tou
op te gooi nie.
Nedbank was ook daar om ons bietjie te leer van geldsake en hoe om te spaar. Ek is seker dié wat mooi geluister het
gaan hierdie jaar lekker Kersfees hou! Dit was nie alles net opvoedkundige praatjies nie. Na die praatjies het almal
hul gemaklike skoene aangetrek en ons het lekke sports gehad: aartappel en lepel, sakresies en al die bekendes het
ons weer uit die kas gehaal en ons het sommer lekker sports gehad. Na so ‘n opwindende dag het ons natuurlik vir
ons gunsteling tydskrif gesing en almal het ‘n stukkie koek en heerlike middagete geniet.
Die tydskrif is in 2007 begin en is steeds die enigste tydskrif wat spesifiek fokus op die landbouwerkergemeenskap.
Die tyd gaan so gou, as ek blaai deur al ons vorige uitgawes, al die mense wat al in die boek verskyn het en waar
hulle nou is, kan ‘n mens nie anders as om trots te voel nie. Daar is so baie van julle wat julle stories met ons gedeel
het, julle sportsdae, valentynsetes, kersfeesprogramme, die kompetisies en konserte - die tydskrif sou niks wees
sonder julle nie. Dankie dat julle jul huise en harte oopgemaak het vir ons! Ek hoop daar sal nog vele jare van lief en
leed in hierdie tydskrif verskyn en dat ons steeds mekaar se prestasies sal deel.
Ons hoop om julle almal volgende jaar by ons 10de verjaarsdagvieringe te sien!
Die Plaaswerker | The Farm Worker 05