Page 101 - FEB2005
P. 101
Gal van Goddin 10-9 23/11/04 8:28 Page 15
GALERY VAN DIE GODINNE
GALERY VAN DIE GODINNE
Salma Hayek
Salma Hayek-Jimenez het groot geword op ’n ‘fontein’ van olie. Haar Libanese besigheidsman-pa was stinkryk, en haar jeug in die Meksikaanse dorpie, Coatzacoalcos, was gekenmerk deur materiële oorvloed.
Salma het van kleins af geweet sy wil ’n aktrise word, en aanvanklike roem was haar beskore vanweë haar rol in die Meksikaanse sepie, Teresa.
Haar ambisie was egter te groot vir die Meksikaanse mark. Toe sy uitwyk na die glans en goue drome van Hollywood, het verbitterde aanhangers bespiegel dat sy ’n owerspelige verhouding met die president gehad het, en dat sy moes vlug voor die toorn van el presidenté se vrou.
Maar in Hollywood het sy gou agtergekom dat Spaans-Amerikaanse meisies net goed is vir klein rolletjies as prostitute.
Toe Salma tydens ’n televisie onderhoud eenkeer stoom-af-blaas oor dié stereotipering, is sy raakgesien deur die regisseur, Robert Rodriguez.
Dinge het toe vinnig vir haar gebeur. Sy het verskyn in Desperado teenoor Antonio Banderas, daarna in From Dusk Till Dawn, ’n string ander flieks, en het
onder meer in die lokettreffer, Wild Wild West, gespeel.
Maar dit was eers met Frida, ’n biografiese rolprent oor die lewe van die Meksikaanse kunstenares, Frida Kahlo, dat die eer waarna Salma so hard gestreef
het, haar toegekom het.
Vir haar hoofrol in dié fliek wat sy gehelp vervaardig het, is sy benoem vir ’n Oscar, en het sodoende die eerste Latyns-Amerikaanse aktrise geword om vir ’n
Oscar benoem te word. Frida het ook vyf ander Oscar-benoemings ontvang.
Die vrou met die naam wat Arabies is vir “vrede” en “kalmte” is eintlik ’n bitsige, opvlieënde pop-
pie wat haarself al as ’n “jumping bean” beskryf het.
Sy reken die mansdom is lamsakkig en het al gesê: “Ek hou aan wag vir ’n man wat groter bôls
het as ek...”
loslyffebruarie 15