Page 140 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 140

“VAT 50” KLAS VAN 1968

                                      Ons het Oorwin



        Staan vir ‘n oomblik stil. Laat jou gedagtes terugflits na al die dinge wat in ons leeftyd verander het.
        Ons kan onthou toe ‘n Groot Radiokas die familie se vermaklikheids sentrum en bymekaarkom plek was.
        En ook wie die eerste familie was wat ‘n televisiestel aangeskaf het.
        Toe ‘n waaier ‘n lugversorger was en ‘n wasgoeddroër ‘n gespande lyn in die agterplaas was.
        En radio’s net“AM“ kon opvang.
        Ons kan onthou toe telefoonnommers net 3 syfers lank was en die antwoordsentrale heelwaarskynlik ‘n familielid
        of  vriend was. Vir ‘n sjieling kon jy ‘n telefoonoproep maak of dit was genoeg om ‘n brief te pos of selfs twee
        poskaarte. Dieselfde sjieling kon ‘n “coke” of  sjokolade  of  ‘n roomys  “cone” koop.
        Ons kan onthou wanneer Ja en Nee slegs een keer gesê was.
        Ons was gebore voor dagsorgsentrums en verpleeghuise daar was.
        Mense het hulle eie mense versorg.

        Ons kan ont hou toe “Hardware” skroewe en spykers was en ‘Software” het nie bestaan in ons woordeskat nie.
        “Time sharing” was ‘n familie uitstappie of  ‘n piekniek.
        Ons kan onthou dat ‘n “chip” ‘n stukkie hout was en “Made in Japan” was gewoonlik gesien as gemors goed.
        Die jare vandat ons kinders was het al te gou verby gegaan en was gevul deur ons suksesse en ons mislukkings, ons
        blydskap en hartseer.
        Dit is aangenaam om stil te staan en terug te kyk na die tye , plekke en mense waarmee ons bevoorreg en geseënd
        was terwyl ons  opgegroei het.
        Alles hierbo gesê, wil ek graag die volgende uitlig.   Dat dit nie ons was wat die volgende gedoen het nie:

        Die melodie uit musiek,
        Die trots uit voorkoms,
        Die romantiek uit liefde,
        Die toegewydheid uit huwelike,
        Die verantwoordelikheid uit ouerskap,
        Die samehorgheid van families,
        Die kennis uit opvoeding,
        Die Gebed uit skole.

        Ja, - ons is nou senior burgers. Ons is die lewe op ‘n partytjie selfs al hou dit net aan tot 21h00 en ons 4 weke vat om
        te herstel.
        Ons is goed om “child-proof” proppe met ‘n hamer oop te maak.
        Ons is altyd geïnteresseerd om huis toe te gaan nog voordat ons kom waarnatoe ons wou gaan.
        Ons glimlag baie want ons kan nie ‘n word hoor wat ander mense sê nie.
        Ons vertel goeie stories oor,en oor,en oor,en oor.
        Ons is bewus daarvan dat ander grootouers se kleinkinders nie naastenby so oulik is soos ons eie nie.
        Ons is nie,  nié maklik nie, ons hou net nie van verkeer, om in ‘n tou te staan , groepe mense , prokureurs, harde
        musiek, politieke persone en ‘n paar ander goed wat ons nie nou kan onthou nie.
        Maar, ons het oorwin! Ten spyte van alles – en watter beter rede is daar om tyd af te staan om weer te besoek
        en fees te vier oor die tye , plekke en mense wat  ‘n belangrike deel gehad het met die maak van wat ons vandag is.
        Dankie Merensky dat julle ons met volle vertroue die wêreld ingestuur het.!
        Baie dankie aan die ”Class of  “68”  Billy Pöhl
   135   136   137   138   139   140   141   142   143   144   145