Page 14 - PIENAAR ERFENIS FEES TE NIEU-BETHESDA 2020
P. 14

Hendrik Christo Viljoen, OVD, Pr. Ing is op 31 Augustus 1937 op Graaff-Reinet gebore as die oudste kind van

        Hendrik Christoffel Viljoen en Anna Pienaar. Hy behaal die grade B.Sc. B.Ing. M. Ing en PhD (Ing) aan die

        Universiteit van Stellenbosch.


        Na Buitelandse studie en vier jaar in die bedryf word hy aangestel as Senior Lektor in elektroniese


        ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy vervolgens bevorder word tot Professor van

        Elektroniese ingenieurswese. Dekaan en Visereketor (Bedryf). In die openbare, lewe dien hy o.a op die

        rade van die SAUK (Voorsitter 1989,-1993), SABS, Eskom, Elektrisiteitsbeheerrraad (tans NERSA),

        Onafhanklike Uitsaai Owerheid (tans ICASA) SARP (tans ECSA), GISA, Hugenote Vereniging (voors. 2003-


        2013) en die Universiteit van Stellenbosch, waar hy van 2012-2016 as President van die Konvokasie dien.

        Hy ontvang die orde vir Voortreflike Diens in 1993, en word verkies as Ingenieur van die Jaar deur SAVPI in

        1992.


         Uit sy pen verskyn die Viljoen Familieregister, Kuberwoordeboek, Ruimtewoordeboek, en verskeie

        vakkundige artikels. Hy ontvang die SAAWK se erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskappe en Tegniek


        en die DF du Toit prys vir genealogiese navorsing. In 2016 ken die FAK die HB en MJ Thorn Prestige

        toekenning vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding aan hom toe. Hy is getroud met Hana

        Stehlik, gebore in Praag, Tsjeggoslowakye, die egpaar het drie kinders en sewe kleinkinders.


                            Prof. Christo Viljoen en sy vrou Hana is lief om te reis en het geliefde herinneringe.





                                                                                 COPY RIGHT @ COPY RIGHT 2020
   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19