Page 11 - Spore in die Bos
P. 11
Wie, wat en waar?
Spore in die Bos – Swerftog van ’n Olifant is ’n verwerking
,
van die boekie Mayafudi wat in 2005 in Afrikaans by
Tarlehoet-Uitgewers verskyn het, en later ook in ’n Engelse
weergawe. Die veelbewoë lewensverhaal van die olifantbul
Mayafudi word nou in ’n vars verpakking nuut vertel. Daar
is heelwat aan getimmer en gepoets. Vars stof is in hierdie
heruitgawe bygewerk.
Die boek, ’n opklitsel van fiksie en feite, stel ten doel om
die leser as ’t ware in die skurwe vel van ’n olifant te plaas
ten einde die beproewings van brande, vloede, droogtes,
stropery en uitdunning uit ’n pagidermiese perspektief te
ervaar.
Die koppige Mafunyane (Die Kwaai Een) met die
formidabele tande was werklik een van die Nasionale
Krugerwildtuin se groot geeste wat diep olifantspore
getrap het. Die sentrale figuur in die boek, die bloubloedbul
Mayafudi, kleinseun van Mafunyane, is ’n skepping van die
verbeelding. Sy naam is ’n studeerkamer-omvorming van
die Afrikaanse woord maaifoedie (karnallie/vabond).
Die wyse matriarg Ukuthula (Vrede van Binne) is, soos
haar seun, uit en uit ’n fiktiewe karakter. Ukuthula is
trouens die oorspronklike naam van die boshuis wat die
Van Deventers in 1997 in Sabiepark gekoop het. Sabiepark
1