Page 45 - Remembrance in Emotion Book Cover_Neat
P. 45
Ons haal nog asem
Dag 63 van die inperking. Dit voel eerlikwaar soos 'n ewigheid.
Maar ons kan nogsteeds aangaan. Ons het ‘n dak oor ons kop en klere om aan te trek.
Ons het liefde, die mooiste diere en glimlaggies wat ons harte laat opkikker.
Dit is so maklik om te voel asof ons alleen hier is.
Op 'n ligter noot is ons tog nie.
Ons moet ons oë oopmaak en sien hoe geseënd ons werklik is.
Hierdie is ‘n dure les. Dit is om ons te leer, om ons twee keer te laat dink,
oor alles wat ons as vanselfsprekend aanvaar.
Oor dinge, en mense wat ons regtig nodig het in ons lewens.
Dit is 'n kans vir 'n splinternuwe begin. Al gaandinge nou hieper skeef.
Sien uit vir ‘n helder nuwe toekoms, met oë wawyd oop en 'n reine oop hart.
Ons haal almal nog asem en is waarlik geseënd net om dít te kan doen.
Tog kyk ons daagliks by ons vensters uit. Dit is hartseer. Niks kos vir hulle nie.
Niks warm komberse. Maar kan net ek ‘n verskil maak? Nee.
Klomp van ons wat werklik omgee, ‘n absolute enorme ja!
Hou moed. Jy is amper deur. Weer terug na ons gejaagde lewens.
Terug by die res van die mensdom, maar met maskers.
Weer terug na die geroer.
Opwindend, natuurlik, ongelooflik besig.
Dit is wie ek is.
Almal gaan tot die realiseering kom dat “normaal” nooit weer normaal gaan wees nie.
Maar nuut. Ek hou van nuut. Ek hou van opwindend en rein.
Kom ons hou by nuut.
Laat die nuwe bladsy begin.
Ons haal nog asem.
L.L.