Page 13 - CASPARUS.docx
P. 13
13
genesing , met goeie “memories” wat blywend is. Ma was moeg...sy kon nie meer en het moed
opgegee.
My sewe jaar by Mikro was my volmaakte vorming vir ‘n jongman, met hordes geleenthede wat ek
almal aangegryp het. Egter weereens nie deel van die sosiale “clan” nie en het die jaloerses dit hul
missie gemaak om my en Karina uit te skuif, wanneer dit by sosiale funksies en geleenthede sou kom.
Vir ons altyd ingedeel by die koeke van die skool. Die ironie was dat die vyf groot bedrieers aan die
einde van hul loopbaan as gewone onderwysers afgetree het, sonder enige bevordering in hul
lewens, terwyl ek uitgestyg het. In die tyd het my liefde vir houtwerk en handwerk ook toegeneem,
want die skool het masjiene gehad. Dalk meer ‘n kwessie van nood leer bid, want daar was nie geld
om vir vakmanne te kon betaal nie. En so kon ek ‘n klank ouditorium bou en n snoepwinkel uitrus
met kaste. Toe al besef hoe waardevol Pa se kindertydse lesse van handwerk was. Elke drie maande
‘n halwe lam vir R 13 koop en kon ons darem op ‘n Vrydagaand ‘n braaitjie inruim. In hierdie tyd ook
my BA graad met uitmergelende aandklasse te Universiteit Stellenbosch voltooi. So tussen klasgee,
merkwerk , sport afrig en nog laatmiddag gimnastiekklub afrig , met ‘n koliekbaba in die huis en dan
Bellville toe jaag vir my aandklas. Menige nagte in ons Ford Sierra stasiewa in garage gaan slaap as
Jaco te veel sou skree van die koliek. More moes ek weer in ‘n klas instap.
Ons eerste erf in die “smart” woonbuurt van Kuisrivier vir R 5000 gekoop en oom Frikkie Loftus het
ons eerste huis vir R 26 000 gebou. Die buurt het petisies opgetrek teen die armoedige huisie . Ons
het maar ons skouers teruggetrek en neus in die wind gestap. Daarna weer twee maal aangebou en
kon ons saam met die “Jones’s “ gesels. Vyf jaar na ons troue het Karina spontaan swanger geraak.
Die monster na die doktor geneem en die positiewe uitslag met ‘n bos blomme na haar naaldwerk
klas geneem. Hierdie was ‘n droomtyd. Ons kon nie glo ons gaan ouers raak nie en ‘n reuse afwagting
het ingeskop. Die swangerskap was sonder enige komplikasies, tot laat in haar swangesrskap toe ‘n
passasiersbus beheer verloor het in die Hoofweg van Kuilsrivier. Deur ‘n winkel gebars en twee meter
van ma tot stilstand gekom .Ma en baba het redelik aan skok gely. Ek het omtrent oor ‘n paar karre
gehardloop toe ek die tyding kry. Jou vrou was in ‘n ongeluk. Toe ek die verkeersopeenhoping sien ,
met die bus wat dwars oor die pad staan, het ek die ergste verwag. Nog ‘n spietkop uit my pad
gemoer, wat my wou keer om na Karina te gaan. Ek was mos ‘n Carstens!
Wou nie weet wat die geslag sou wees nie. Toe die eerste pyne begin kom, het ek met ‘n moerse
spoed na Louis Leipoldt gejaag asof die kind binne die volgende vyf minute sou uitpop. Karina wou
normaal geboorte gee sonder Epiduraal. Na ‘n uitmergelende sessie met asempies en ruggie vryf dop
Jaco Pieter uit en pee sy eerste skree met ‘n boog. Karina was moeg en ek het onbeheersd gehuil. Ek
kon nie hierdie grootse wonder van die skepping verstaan nie. Dit was bokant my begrip. Van dag een
af ‘n woelige knaap, sleg geslaap en sleg gedrink as gevolg van koliek. Onnodig om te se dat al ons
aandag in hierdie bondeltjie vreugde ingegaan het. As’t ware ‘n eksperiment in elke opsig om sy
ontwikkeling te kon sien gebeur. Dom onnosel,”trial and error” vanuit Jan van Elfen se handleiding
oor kindersorg. Onnutsig en liefdevol die Jaco kind. Het hom gereeld saam met my geneem na Mikro
se sportveld, waar hy letterlik met balle en kinders rondom hom groot geword het. Hy het soms die
wonderlikste tye gekies om onbehoorlik aandag te trek, wanneer jy dit die minste wou he. Soos met
die Dominee se huisbesoek of as pelle kom braai het. Vanuit die ou stal het sy gat gereeld gebrand.
Nou vanuit ‘n wyser oogpunt sou ek dit moeilik oor my hart kon kry om hom