Page 108 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 108

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige koste nie die volgende insluit nie:
1. enigiets waarvan kennis reeds aan die Versekerde gegee is voor die versekerde gebeurtenis;
2. enigiets wat verband hou met onbeskadigde eiendom of onbeskadigde dele van eiendom;
3. eiendoms- en ander belasting, ontwikkelings- en ander koste betaalbaar ingevolge gemelde regulasies weens waardevermeerdering van die versekerde eiendom;
2. ondersoekgelde van munisipale of ander planne;
3. koste aangegaan vir die noodsaaklike sloping, puinverwydering (insluitende onbeskadigde inhoud) en die oprigting en instandhouding van skuttings gedurende sloping en herbouing;
4. die professionele fooie van argitekte, bestekopnemers en ander konsultante;
5. maar die Maatskappy is nie ingevolge 1, 2, 3 of 4 hierbo aanspreeklik nie, tensy die verlore of beskadigde eiendom vervang of herstel word sonder onnodige oponthoud, en ook nie ingevolge 4 vir enige uitgawes in verband met die voorbereiding van die Versekerde se eis nie.;
6. gelde gehef deur enige gemagtigde brandweer vir hul dienste.
Verder is die Maatskappy ook nie ingevolge 3 aanspreeklik nie vir enige koste of uitgawe;
1. wat aangegaan is in die verwydering van puin, behalwe vanaf die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die gebied onmiddellik aangrensend aan sodanige terrein;
2. voortspruitend uit besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie deur hierdie Polis/Afdeling verseker word nie.
Huurders
Die Versekerde sal nie benadeel word deur die handeling van enige, huurder in die perseel wat hul besit, of waarvan hul 'n medehuurder is, of van die eienaar van enige perseel waarvan hul 'n huurder is nie
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy in kennis gestel word sodra hul van sodanige handeling bewus word en hul enige bykomende premie betaal wat voortspruit uit die Maatskappy se aanvaarding van enige bykomende risiko.
Spoorweg en ander subrogasie
Die Versekerde word nie benadeel nie, deur die ondertekening van Transnet se besteldiensvrywaring insake gevaarlike persele of ander spesiale ooreenkomste met die Transnet-administrasie betreffende private sylyne of soortgelyke ooreenkomste met ander staatsliggame.
Verbandhouers
Vanaf die datum van kennisgewing aanvaar die Maatskappy die belang van enige verbandhouer, of ander met ʼn versekerbare belang in die versekerde eiendom, en sal sodanige belang nie benadeel word deur enige dade of versuim deur die verbandgewer wat sonder die verbandhouer se medewete geskied nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Verbandhouer die Maatskappy in kennis stel van sodanige daad of versuim sodra hy daarvan bewus word en hy ooreenkom om enige bykomende premie te betaal vanaf die verhoogde risiko, deur die Maatskappy aanvaar word.
MEMORANDUM
Eerste verlies eweredigheid
Indien, op die tydstip wat enige verlies of skade ontstaan, die totale waarde van die eiendom wat deur elke item beskryf word, nie die bedrae oorskry wat in die Skedule vermeld word nie, is hierdie versekering nie aan eweredigheid onderworpe nie. Indien die totale waarde van sodanige eiendom egter meer is as die voormelde bedrae, word die Versekerde sy eie versekeraar vir die verskil geag en die Maatskappy is slegs aanspreeklik vir sodanige deel van die eerste verlies versekerde bedrag as die verhouding waarin die voormelde bedrae staan tot die totale waarde en dit beloop hoogstens die totale bedrag waarteen elke item verseker is.
Toevallige Skade – Wyn Uitgesluit
  Bladsy | 106 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   106   107   108   109   110