Page 109 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 109

 Toevallige Skade – Wyn Uitgesluit
 Eweredigheid
As die versekerde eiendom met die aanvang van ʼn versekerde gebeurtenis van meer waarde is as die versekerde bedrag daarop, sal die Versekerde as hul eie versekeraar beskou word vir die verskil en dienooreenkomstig 'n eweredige deel van die verlies dra.
Elke item, indien meer as een, sal afsonderlik onderhewig wees aan hierdie Voorwaarde.
Herstelwaarde-voorwaardes
Die grondslag waarop die bedrag betaalbaar bereken word na 'n versekerde gebeurtenis ten opsigte van geboue, toerusting en masjinerie is die koste van die vervanging of herstel op dieselfde terrein, met eiendom van dieselfde soort of aard, maar nie beter of meer omvangryk nie as die versekerde eiendom toe dit nuut was;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die vervangings- of herstelwerk (wat op ʼn ander terrein uitgevoer mag word op enige manier wat aan die Versekerde se vereistes voldoen, onderworpe daaraan dat dit nie die aanspreeklikheid van die Maatskappy verhoog nie) aanvang neem en met bekwame spoed uitgevoer word, anders sal geen betaling gemaak word bo en behalwe die bedrag wat betaalbaar sou wees indien hierdie herstelwaarde voorwaarde nie hierby ingelyf was nie;
2. totdat uitgawes deur die Versekerde aangegaan is ter vervanging of herstel van die eiendom, die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige betaling bo die bedrag wat betaalbaar sou gewees het indien hierdie Voorwaardes nie hierby ingelyf was nie;
3. indien, op die tydstip van vervanging of herstel, die bedrag wat die koste verteenwoordig wat aangegaan sou wees ter vervanging of herstel as die hele versekerde eiendom beskadig was, die bedrag oorskry waarteen dit verseker is by die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur ʼn Omskrewe Gebeurtenis, die Versekerde geag sal word sy eie versekeraar te wees vir die verskil en hy dienooreenkomstig ʼn eweredige deel van die verlies dra. Elke item van hierdie Afdeling, indien meer as een, waarop hierdie Voorwaardes van toepassing is, is afsonderlik aan hierdie Bepaling onderworpe;
4. hierdie voorwaardes van nul en gener waarde is, indien:
4.1 die Versekerde versuim om binne ses (6) maande vanaf die datum van skade, of sodanige verdere tydperk as wat die Maatskappy skriftelik mag toelaat, die Maatskappy in kennis te stel van sy voorneme om die eiendom te vervang of te herstel;
4.2 die Versekerde nie in staat is nie, of onwillig is om die eiendom op dieselfde of ʼn ander terrein te vervang of te herstel.
Uitgesluite eiendom
Die eiendom wat in die Skedule uiteengesit word, word gevoeg by die eiendom wat in die omskrywing van versekerde eiendom uitgesluit word.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 107



















































































   107   108   109   110   111