Page 111 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 111
Toevallige Skade – Wyn
3. Soetreserwes
3.1 die vlak van swaeldioksied (SO2) mag nie minder as 120 mg/l wees nie. Die byvoeging van SO2 moet volgens die standaard wynmaakpraktyk plaasvind, waarvolgens die inhoud van die tenk deeglik gemeng moet word;
3.2 opberging van Soetmosreserwes mag slegs in vlekvrye staaltenks met 316 vlekvrye staalkoepels geskied;
3.3 sodanige opbergtenks moet ten alle tye tot minstens die vlak net onder die kolom van die boonste deel van die inspeksieluik van die tenk gevul wees;
3.4 sensoriese toetse moet twee keer ʼn week, en ʼn chemiese laboratoriumanalise twee keer ʼn maand of maandeliks, op alle opgaartenks gedoen word. Indien nodig, moet die tenk(s) onmiddellik gefiltreer word. Daar moet van al sodanige toetse rekord gehou word en, indien vereis, aan die Maatskappy verskaf word.
4. Konsentraat
4.1 die vlak van swaeldioksied (SO2) mag nie minder as 100 mg/l wees nie. Die byvoeging van SO2 moet deur die in-lyn deurwekingsmetode tydens die vul van die tenk geskied;
4.2 konsentraat mag slegs in vlekvrye staaltenks met 316 vlekvrye staalkoepels, glasvesel- en/of beton- en/of beklede sagte staaltenks opgeberg word;
4.3 sodanige opbergtenks moet ten alle tye tot minstens die vlak net onder die kolom van die boonste deel van die inspeksieluik van die tenk gevul wees. ʼn Stikstof-sproeier moet geïnstalleer wees sodat ʼn daaglikse dosis stikstof bo-oor die konsentraat gespuit kan word om kondensasie en gisting te voorkom;
4.4 sensoriese toetse moet weekliks, en ʼn chemiese laboratoriumanalise twee keer ʼn maand of maandeliks, op alle opgaartenks gedoen word. Indien nodig, moet die tenk(s) onmiddellik gefiltreer word. Daar moet van al sodanige toetse rekord gehou word en, indien vereis, aan die Maatskappy verskaf word;
4.5 kristallisasie- en gistingstoetse moet een keer elke twee weke op alle opgaartenks gedoen word en monsters moet van die bodem, die middel en die boonste gedeelte van die tenk geneem word. Daar moet van al sodanige toetse rekord gehou word en, indien vereis, aan die Maatskappy verskaf word.
4.6 in die geval van ontswaeling van Opgeswaelde Soetmos, moet die verdamping van Konsentraat onmiddellik plaasvind.
5. Wegdoen van wyn
wegdoen op grond van ʼn gesondheidsgevaar of in opdrag van die Staat, of Publieke, of Plaaslike owerheid, of instansie, is onderhewig aan die voorafgaande goedkeuring van die Maatskappy.
6. Dekking word voorsien op 'n Eerste Verlies Versekerde Bedrag van toepassing op gegewe items soos vermeld in die Skedule ten opsigte van Versekerde Eiendom soos vervat in die onderstaande omskrywing:
VERSEKERDE EIENDOM
Op voorraad wyn en verwante produkte, gebottelde wyn en wyn in tapvaatjies in kartonne, die eindom van die Versekerde en/of in trust en/of in komissie gehou en/of waarvoor die Versekerde verantwoordelik is.
WAARDASIE
Die omvang van die verlies of skade ten opsigte van wyn en verwante produkte sal as volg bepaal word:
Wyn en verwante produkte
1. vasgestelde waarde(s) per spesifieke tipe/variëteit wyne soos deur die Versekerde bepaal en vervat in ʼn bestaande geskrewe en ooreengekome verkoopskontrak waarvan bewys op aanvraag aan die Maatskappy gelewer moet word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
gebottelde wyn die koste van bottelering en, waar van toepassing, die koste van etikettering en alle verwante koste insluit;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 109