Page 113 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 113
Toevallige Skade – Wyn
6. verlies of skade:
6.1 aan chemikalieë, olie, vloeistof, gas of dampe te wyte aan lekkasie of ontlading uit die houer waarin dit gehou word;
6.2 voortspruitend uit lekkasie of ontlading van chemikalieë, olie, vloeistowwe, gasse of dampe;
7. onderbreking en/of die doelbewuste weerhouding van en/of gebrek aan toevoer van water, stoom, gas, elektrisiteit, brandstof of verkoelingsmiddel;
8. ineenstorting van toerusting en masjinerie, geboue en strukture (behalwe rakwerk en stoorplatforms);
9. kostes of uitgawes voortspruitend uit aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging, inbeslagneming of rekwisisie uitgevoer deur wettig ingestelde owerhede of ander regterlike prosesse
OMSKREWE GEBEURTENIS 2 – LEKKASIE (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
1. Versekerde Eiendom
Toevallige fisiese verlies van, of skade aan die versekerde eiendom as gevolg van ontlading of lekkasie van chemikalieë, olie, vloeistowwe, gasse of dampe (met inbegrip van verlies van sodanige chemikalieë, olie, vloeistowwe, gasse of dampe) uit tenks, pype, apparaat of mediese houers, behalwe verlies of skade voortspruitend uit slytasie en verweer of ander geleidelik werkende oorsake van die tenks, pype, apparaat of mediese houers;
2. Aangrensende eiendom
Toevallige fisiese verlies van, of skade aan omliggende eiendom, by of, in die omgewing vanwaar die Versekerde sy besigheid bedryf, veroorsaak deur storting, ontlading, lekkasie of andersins ten opsigte van wyn en verwante produkte, maar uitsluitend verlies van sodanige wyn of verwante produkte;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. verlies of skade as gevolg van verweer en slytasie of ander geleidelik werkende oorsake uitgesluit is ten opsigte van die tenks, pype of toerusting;
2. verlies of skade aan eiendom sal beperk word tot hoogstens R1 000 000 (een miljoen rand) of die gegewe bedrag vermeld in die skedule, wat ook al die meeste is vir enige een gebeurtenis;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die Eerste Bedrag Betaalbaar soos in 1.2 (a) en 1.2 (b) vermeld word van die eerste bedrag betaalbaar van toepassing op hierdie Afdeling;
4. dekking word voorsien op 'n Eerste Verlies Versekerde Bedrag van toepassing op gegewe items soos vermeld in die Skedule.
OMSKRYWING
Versekerde eiendom
1. Enige tasbare eiendom wat aan die Versekerde behoort of deur hom in trust of in kommissie gehou word of waarvoor hy regtens verantwoordelik is, behalwe:
1.1 geldende munte (insluitende Krugerrande en soortgelyke muntstukke) bank- en valutanote, reisigers- en ander tjeks, poswissels en posorders, kredietkaartstrokies en ander sertifikate, dokumente of middele van 'n verhandelbare aard;
1.2 pelse, juweliersware, muntmetaal, edel- en halfedel-metale en -stene, rariteite, seldsame boeke en kunswerke;
1.3 eiendom in transito per lug, binnelandse waterweg of see;
1.4 spoorweglokomotiewe, rollende materiaal en ander spoorwegeiendom, lugvaartuie, watervaartuie, meganies of elektries aangedrewe voertuie, motorfietse, mobiele toerusting, karavane en sleepwaens;
1.5 staande of afgekapte bome, gesaaides, diere, grond (met inbegrip van bo-grond, opvulling, dreinering en duikslote) opritte, sypaadjies, paaie, aanloopbane, damme, opgaartenks, kanale, pyplyne (buite die perseel), tonnels, kabels (buite die perseel), sweefspore, brûe, dokke, hawehoofde, kaaie, landingshoofde, uitgrawings, eiendom onder die grond of plofstowwe;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 111