Page 112 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 112
4. verlies
van of skade aan versekerde eiendom wat veroorsaak is deur:
4.1 enige oneerlike skema, skelmstreek, plan of valse voorwendsel toegepas op die Versekerde (of enige persoon onder wie se toesig die versekerde eiendom is) of bedrog of die oneerlikheid van enige prinsipaal of agent van die Versekerde;
4.2 oorverhitting, inploffing, kraking, breking, sweisbreuk, slagpennetjie lekkasie of ander gebrek. Hierdie Uitsondering is slegs van toepassing op houers, pype, buise of soortgelyke apparaat;
4.3 onklaarraking, elektriese, elektroniese en/of meganiese steuring;
4.4 verandering, bleiking, skoonmaak, kleuring, vervaardiging, herstel, opknapping, versiening, restourasie, toetsing of enige ander werk daaraan;
4.5 foutiewe of gebrekkige ontwerp, formule, spesifikasie, tekening, plan, materiaal, vakmanskap of professionele advies, gewone instandhouding, geleidelike agteruitgang, waardevermindering, wegvreting, roes, oksidasie of ander chemiese werking of reaksie, ryp, verandering in temperatuur, uitsetting of vogtigheid, gisting of ontkieming, klamheid, droogheid, nat of droë verrotting, krimping, verdamping, gewigsverlies, kontaminasie, besoedeling, verandering in kleur, geur, tekstuur of afwerking of eie verweer en slytasie;
4.6 induiking, afsplintering, krapmerke of kraking wat nie die werkverrigting van die item affekteer nie;
4.7 termiete, motte, insekte, ongediertes, onafskeidelik en verborge euwels, dampe, gebrek, wisseling in atmosferiese of klimaatstoestande, die werking van lig;
5. versakking, vasstamp, gronddeining of kraking van strukture of die verwydering of verswakking van die stut van enige versekerde eiendom;
Toevallige Skade – Wyn
2. indien geen bestaande geskrewe en ooreengekome verkoopskontrak in plek is nie, sal:
2.1 pryse soos deurlopend beskikbaar gestel deur SAWIS, van krag wees. Genoemde pryse is gebaseer op inligting soos voorsien deur die wynbedryf met betrekking tot werklike grootmaat verkope vervat binne ʼn raamwerk van pryse gebaseer op die kwaliteit van toepassing op spesifieke tipe/variëteite wyne;
2.2 indien die Versekerde ʼn hoër waarde vereis as wat in SAWIS se pryslys aangedui is, moet die prys per liter in die Skedule aangedui word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die koste van bottelering en, waar van toepassing, etikettering, verpakking en verwante kostes ingereken sal word by bogemelde pryse;
2. met betrekking tot witwyne alleenlik, sal bogemelde pryse slegs van krag wees vir die huidige sowel as die eersvolgende seisoen;
3. indien geen bestaande geskrewe en ooreengekome verkoopskontrak op sodanige tipe/variëteit witwyne na verloop van die termyn in Voorwaarde 2 hierbo vermeld, in plek is nie, sal die plaaslike distilleringsprys van krag wees;
4. kostes met betrekking tot Doeane en Aksynsbelasting (waar van toepassing) in berekening gebring sal word met die bepaling van ʼn eis onderhewig daaraan dat sodanige kostes ingesluit is in terme van die gegewe versekerde bedrag van toepassing op wyn en verwante produkte soos vermeld in die Polisskedule.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Omskrewe Gebeurtenis 1)
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir die volgende nie:
1. enige gevaar of omstandigheid wat uitgesluit is van enige ander versekering beskikbaar by die Maatskappy ten tye van die aanvang hiervan, of vir enige bybetaling wat deur die Versekerde ingevolge sodanige versekering betaalbaar is, of vir enige vermindering in enige bedrag betaalbaar ingevolge enige eis te wyte aan die toepassing van eweredigheid;
2. meer as die afsonderlike waarde van elke item wat deel uitmaak van 'n paar, stel of versameling sonder inagneming van enige spesiale waarde daarvan as 'n deel van sodanige paar, stel of versameling;
3. onverklaarde verdwyning of tekort wat slegs bekend word gedurende of na 'n voorraadopname, of foute of weglatings in kwitansies, betalings of rekeningkunde, of foutiewe liassering of verlegging van inligting;
Bladsy | 110 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022