Page 114 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 114
Toevallige Skade – Wyn
Versekerde eiendom (vervolg)
1.6 elektroniese dataverwerkingstoerusting en eksterne datamedia (ponskaarte, kassetbande, skywe en dies meer) en die inligting wat daarin vervat word;
1.7 eiendom in die loop van konstruksie, oprigting en aftakeling insluitende die materiaal of voorraad wat daarmee verband hou;
1.8 eiendom in die besit van kliënte ingevolge bruikhuur-, huur-, krediet- of opskortende verkoopooreenkomste;
1.9 glas, porselein, erdeware, marmer en ander breekbare of brose artikels
2. Vir die doel van hierdie Afdeling sal die eiendom waarna hieronder verwys word, die betekenis dra soos daarnaas vermeld:
2.1 Skeiers en bykomstighede – ʼn skeier is ʼn apparaat wat gebruik word om die sap van die druiwedop en ander materiaal te skei;
2.2 Koelstabilisering – Koelstabilisering is die proses wat gebruik word om te voorkom dat wynsteensuurkristalle in wyn na bottelering vorm;
2.3 Proteïenstabilisering – Proteïenstabilisering is die proses waardeur wyn gestabiliseer word en proteïenskeiding ophou;
2.4 Druiwesap – Druiwesap is ongegiste soetmos waar gisting verhoed word deur preserveermiddels by te voeg;
2.5 Soetreserwes – Soetreserwes is druiwesap met ʼn spesifieke samestelling wat gebruik word om wyn in die premium wynklas te versoet;
2.6 Opgeswaelde Soetmos – Opgeswaelde soetmos word gebruik vir die vervaardiging van konsentraat om wyn in die medium tot laer klasse wyn te versoet;
2.7 Verborge euwels – Verborge euwels is wanneer ʼn produk aan ʼn euwel mank gaan as gevolg van ʼn verborge of versteekte gebrek in die produk wat slegs tydens produksie sigbaar word en in daardie stadium onomkeerbaar is;
2.8 Dienstewyn – Dienstewyn is enige wyn wat om watter rede ook al by enige kelder gestoor en in stand gehou word
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy is nie verantwoordelik vir toevallige fisiese verlies van, of skade, aan die Versekerde eiendom nie as gevolg van:
1. verlies deur verdamping;
2. gevolglike verlies van watter aard ook al, slytasie en verweer, meganiese of elektriese onklaarraking, weiering, brekasie of enige ander gebeurlikheid wat versekerbaar is onder ʼn Elektroniese Toerusting-polis, ʼn Masjinerie Breekskade-polis, ʼn Verslegting van Voorraad-polis of ʼn Masjinerie Breekskade- Sake Onderbreking -polis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Spesifieke Uitsondering nie op skeiers en bykomstighede van skeiers van toepassing is nie;
3. wyn in transito behalwe tydens vervoer met vurkhysers op, of in die omgewing van die versekerde persele;
4. diefstal;
5. op- en aflaai weg van die Versekerde se persele soos in die Skedule vermeld;
6. verslegting of verlies weens
6.1 onhigiëniese en/of onaanvaarbare bereidingsmetodes;
6.2 sleepgisting;
7. enige verlies van of skade aan wyn bedoel vir korting as gevolg van versekerde eiendom soos omskryf in – Wyn en verwante produkte punt 1 en 2;
Bladsy | 112 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022