Page 115 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 115
Toevallige Skade – Wyn
8. verlies of skade aan wyn en verwante produkte toeskryfbaar aan middel(s) toegedien op druiwe voor die oes daarvan, teenstrydig met, en nie in ooreenstemming met die gebruiksaanwysings van sodanige middel(s) nie;
9. verlies of skade aan wyn en verwante produkte te wyte aan ʼn proteïen- en/of koelstabiliseringsproses.
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Standaard wynmaakpraktyke
Dekking in terme van hierdie Afdeling van die Polis sal ten alle tye onderworpe wees aan voldoening en nakoming van die standaard wynmaak-, instandhoudings- en versorgingspraktyke. Volledige rekords en bewyse van nakoming van sodanige wynmaakstandaarde en versorgingspraktyke moet ten alle tye gehou word en aan die Maatskappy verskaf word indien vereis.
2. Vul van wyntenks
Wyntenks moet propvol wees wat, vir die doel hiervan, beteken dit moet ten alle tye gevul wees tot minstens die vlak net onder die kolom van die boonste deel van die inspeksieluik van die wyntenk. Indien die tenk nie propvol is nie moet die inhoud met ʼn laag swaeldioksied (SO2) bedek word. Hierdie tydperk mag nie vyf (5) dae oorskry nie. Rekords moet ten alle tye gehou word en aan die Maatskappy verskaf word indien vereis.
EERSTE BEDRAG BETAALBAAR
Die Versekerde is aanspreeklik vir die Eerste Bedrag Betaalbaar ten opsigte van ieder en elke eis soos hieronder uiteengesit:
1.1 Omskrewe Gebeurtenis 1 – Wyn en verwante produkte
Beskrywing
EBB % (van eis)
Minimum bedrag
Maksimum bedrag
a) Lekkasie en/of kontaminasie van wyn en
verwante produkte alleenlik as gevolg van toevallige breekskade en/of skade aan poorte en bykomstighede van wynvate en/of tenks, toevallige barsting, lekkasie en/of skade aan skeiers, wynvate en/of tenks en/of pypkonneksies en pype van sodanige wynvate en/of tenks
10%
R2 500
Nie van toepassing nie
b) Toevallige lekkasie uitgesluit gebeure soos genoem in (a) hierbo en/of wyn en verwante produkte wat saam gepomp is
10%
R2 500
Nie van toepassing nie
c) Gisting van Opgeswaelde Soetmos 15%
d) Enige ander verliese of skade uitgesluit gebeure 20% genoem in (a), (b) en (c) hierbo
e) Toevallige breekskade van bottels en/of gebottelde 0% wyn en verwante produkte
f) Toevallige skade of verlies weens verborge gebreke 15%
Wyn en verwante produkte (skade aan aangrensende 5% eiendom alleenlik)
R30 000
R5 000
R500
R30 000
R1 000
Nie van toepassing nie
Nie van toepassing nie
Nie van toepassing nie
Nie van toepassing nie
Nie van toepassing nie
1.2 Omskrewe Gebeurtenis 2 – Lekkasie
Beskrywing
EBB % (van eis)
Minimum bedrag
Maksimum bedrag
Alle ander vloeistowwe soos omskryf (Skade aan eiendom, ingesluit die verlies van vloeistowwe, maar uitgesluit wyn en verwante produkte)
10%
R1 000
Nie van toepassing nie
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Bladsy | 113