Page 110 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 110

 TOEVALLIGE SKADE – WYN
OMSKREWE GEBEURTENIS 1 – WYN EN VERWANTE PRODUKTE
Hierdie versekering sluit uit dit wat andersins verseker is of waarvoor versekering beskikbaar is (hetsy by hierdie Polis ingelyf al dan nie) ingevolge enige ander Afdeling (behalwe die Sake Alle Risiko) van hierdie Polis. Hierdie afdeling verseker toevallige fisiese verlies van, of skade aan die versekerde eiendom, by of, in die omgewing van die versekerde perseel, of die perseel waar die Versekerde sy besigheid bedryf, voortspruitend uit en insluitende:
1. verborge euwels van die wyn en verwante produkte
2. kontaminasie van wyn en verwante produkte as gevolg van:
2.1 toevallige brekasie van en/of skade aan tenkpoorte en toebehore van wynvate en/of tenks;
2.2 toevallige bars, brekasie en/of skade aan, of van, skeiers en toebehore, wynvate en/of -tenks en/of pypverbindings en pype van sodanige wynvate en/of -tenks;
2.3 toevallige bymekaarpomp van wyn en verwante produkte;
2.4 oksidasie, verandering van kleur en/of smaak, gisting, maar uitgesluit gisting van Opgeswaelde Soetmos, gisting van 100% Soetmos en/of Druiwesap, gisting van Soetreserwes en Konsentraat;
3. op- en aflaai op die versekerde persele alleenlik
4. brekasie van bottels
5. brekasie van tenkpoorte en tenks
6. toevallige brekasie van gebottelde wyn
7. verlies wat ontstaan weens die gisting van Opgeswaelde Soetmos, gisting van 100% Soetmos en/of Druiwesap, gisting van Soetreserwes en Konsentraat;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
daar streng aan die onderstaande vereistes voldoen word:
1. Opgeswaelde Soetmos
1.1 die vlak van swaeldioksied (SO2) mag nie minder as 1200 mg/l wees nie. Die byvoeging van SO2 moet volgens die standaard wynmaakpraktyk plaasvind, waarvolgens die inhoud van die tenk deeglik gemeng moet word;
1.2 opberging van Soetmos mag slegs in vlekvrye staaltenks met 316 vlekvrye staalkoepels geskied;
1.3 sodanige opbergtenks moet ten alle tye tot minstens die vlak net onder die kolom van die boonste deel van die inspeksieluik van die tenk gevul wees;
1.4 sensoriese toetse moet weekliks, en ʼn chemiese laboratoriumanalise maandeliks, op alle opgaartenks gedoen word. Indien nodig, moet die tenk(s) onmiddellik gefiltreer word. Daar moet van al sodanige toetse rekord gehou word en, indien vereis, aan die Maatskappy verskaf word.
2. Soetmos en/of Druiwesap
2.1
2.2 2.3 2.4
die vlak van swaeldioksied (SO2) mag nie minder as 20 mg/l wees nie. Die byvoeging van SO2 moet volgens die standaard wynmaakpraktyk plaasvind, waarvolgens die inhoud van die tenk deeglik gemeng moet word;
opberging van 100% Soetmos en/of Druiwesap mag slegs in vlekvrye staaltenks met 316 vlekvrye staalkoepels geskied;
sodanige opbergtenks moet ten alle tye tot minstens die vlak net onder die kolom van die boonste deel van die inspeksieluik van die tenk gevul wees;
sensoriese toetse moet twee keer ʼn week, en ʼn chemiese laboratoriumanalise twee keer ʼn maand of maandeliks, op alle opgaartenks gedoen word. Indien nodig, moet die tenk(s) onmiddellik gefiltreer word. Daar moet van al sodanige toetse rekord gehou word en, indien vereis, aan die Maatskappy verskaf word.
Toevallige Skade – Wyn
   Bladsy | 108
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022




































































   108   109   110   111   112