Page 145 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 145

 Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
  DIREKTEURE- EN AMPTENARE AANSPREEKLIKHEID
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skadevergoeding waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik word om te betaal voortspruitend uit enige besering, skade of verlies, wat plaasvind in die loop van, of in verband met die besigheid, en wat of op, of na die Terugwerkende Datum wat in die Skedule vermeld word plaasvind binne die Gebiedsgrense, wat aanleiding gee tot ʼn skriftelike eis of eise wat teen die Versekerde ingestel word binne die versekeringstydperk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Die Maatskappy nie verantwoordelik sal wees om te betaal ten opsigte van enige uitspraak, vergoeding, betaling of skikking wat gemaak is binne lande wat onderhewig is aan die wette van die Verenigde State van Amerika en/of Kanada nie, of aan enige bevel wat op enige plek in die wêreld uitgereik is om sodanige uitspraak, vergoeding, betaling of skikking hetsy in geheel of gedeeltelik af te dwing, ten opsigte van:
1. Direkteur se Persoonlike Aanspreeklikheid
eise ingestel teen ʼn direkteur gesamentlik en/of afsonderlik gedurende die versekeringstydperk, waar die direkteur regtens aanspreeklik word om skade te vergoed as gevolg van ʼn onregmatige daad;
2. Vergoeding deur die Maatskappy
eise ingestel teen ʼn direkteur gedurende die versekeringstydperk, waar die direkteur regtens aanspreeklik word om skade te vergoed as ʼn gevolg van ʼn onregmatige daad en waar die direkteur deur die Versekerde skadeloos gestel is;
3. Verdedigingskoste
alle koste, uitgawes en verdedigingskoste deur die eiser aangegaan met die vooraf skriftelike toestemming van die Maatskappy, gedurende die versekeringtydperk, in verband met enige eis waarvoor skadeloosstelling verleen word deur een van die Versekeringsooreenkomste in 1 of 2 hierbo gemeld;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde se algehele aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele eis vir alle bedrae betaalbaar in ooreenstemming met die Versekeringsooreenskomste en Uitbreidings, insluitend die eiser se koste en uitgawes, verdedigingskoste en enige ander bedrae betaalbaar deur die Maatskappy kragtens hierdie Afdeling van die Polis, nie die gegewe Skadeloosstellingsperk soos vermeld in die Skedule gedurende die versekeringstydperk sal oorskry nie;
2. die hernuwing van hierdie versekering van tydperk tot tydperk of enige verlenging van enige versekeringstydperk, nie die uitwerking het dat dit die Maatskappy se aanspreeklikheid ophoop of verhoog bo die skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule nie;
3. die Maatskappy onder geen verpligting is om skadeloosstelling te verleen nie, tensy die onregmatige daad eers plaasgevind het op of na die gegewe Terugwerkende Datum vermeld in die Skedule.
GEBIEDSPERKE
Enige plek ter wêreld, maar nie in verband met die volgende nie:
1. enige besigheid wat die Versekerde bedryf by of vanaf 'n perseel buite;
2. enige kontrak vir die uitvoer van werk buite;
die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 143













































































   143   144   145   146   147