Page 147 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 147

 Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
 5. Hoofaandeelhouer
gemaak of ingestel deur enige lid van die Versekerde wat meer as 25% (vyf en twintig persent) van die aandele, effekte of obligasies besit of beheer.
6. Kommissies
voortspruitend uit, gebaseer op of toeskryfbaar aan, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of as gevolg van:
6.1 betalings, kommissies, gratifikasies, voordele of enige ander gunste voorsien aan, of vir die voordeel van enige vol- of deeltydse binne- of buitelandse staats- of gewapende diensbeamptes, agente, verteenwoordigers, werknemers of enige van hulle familielede, of enige entiteit met wie hulle geaffilieer is;
6.2 betalings, kommissies, gratifikasies, voordele of enige ander gunste voorsien aan, of vir die voordeel van enige vol- of deeltydse beamptes, direkteure, agente, vennote, verteenwoordigers, hoofaandeelhouers, of eienaars, of werknemers, of ‘affiliate’ (aangesien daardie term in die Effektebeurswet van 1934 gedefinieer is, insluitende enige beamptes, direkteure, agente, eienaars, vennote, verteenwoordigers, hoofaandeelhouers of werknemers van sodanige affiliate) of enige kliënte van die Versekerde, of enige familielede, of enige entiteit met wie hulle geaffilieer is;
6.3 politiese bydraes, of dit binne- of buitelands is.
7. Onwettige/onregmatige handelswyse
wat voortspruit uit, gegrond is op, of toegeskryf kan word aan:
7.1 persoonlike gewin, vergoeding, voordeel, of die ontvangs van enige beloning waarop ʼn direkteur regtens nie aanspraak het nie;
7.2 enige kriminele oortreding behalwe onkostes waarvoor daar in Uitbreiding 4 voorsiening gemaak word;
7.3 enige aangeleentheid of aantygings, dat ʼn direkteur onbehoorlik voordeel getrek het uit enige transaksie rakende aandele, effekte of obligasies as gevolg van, inligting wat nog nie redelik beskikbaar aan ander verkopers of kopers was oor sodanige aandele, effekte of obligasies nie;
7.4 enige aangeleentheid of aantygings, met betrekking tot handelinge wat die pryse grotendeels sal beïnvloed van aandele, effekte of obligasies, enige goedere of dienste of valuta of verhandelbare instrumente, behalwe transaksies wat in ooreenstemming met alle toepaslike wetgewing en regulasies rakende sodanige transaksies plaasvind;
7.5 enige aangeleentheid wat as onversekerbaar geag word onder enige wet wat op hierdie Afdeling van die Polis van toepassing is.
Vir die doel om die toepaslikheid van hierdie Uitsondering vas te stel, sal die inligting of kennis waaroor enige Direkteur beskik, nie toerekenbaar wees aan enige ander Direkteur nie.
8. Professionele Aanspreeklikheid
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan, enige werklike of beweerde verbreking van professionele dienste voorsien aan, of professionele diens verskuldig aan ʼn derde party.
9. Sanksies
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of as gevolg van, of op enige manier betrokke te raak by ʼn geval of eis waar ʼn skadeloosstelling verleen word, of ʼn betaling gemaak is, kragtens hierdie Afdeling van die Polis, ʼn verbreking -, of oortreding -van, of die Maatskappy of enige herversekeraar sou blootstel aan, enige handel- of ekonomiese sanksie, of verbod, of boete, of beperking deur die Verenigde Nasies afgedwing, die wette en regulasies wat verband hou met die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk of die Verenigde State van Amerika.
10. Skade aan eiendom en liggaamlike besering
ten opsigte van besering en skade, siekte, kwale, dood of emosionele nood, of skade aan, vernietiging, beskadiging of verlies van gebruik van enige eiendom;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
enige eis vir emosionele nood nie uitgesluit word ten opsigte van indiensneming praktyke oortredings nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 145










































































   145   146   147   148   149