Page 148 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 148

 11. Trustees en administrateurs
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan, enige handelinge of versuim van ʼn trustee, vertrouenspersoon, of administrateur van enige pensioenplan, welvaartsplan, aftreefonds, winsdeling, aandele-opsie, aandele- aansporingskema of trust of enige ander werknemervoordeelprogram.
12. Versekerde teen Versekerde
gemaak of ingestel deur enige direkteur teen enige ander direkteur, met dien verstande dat, hierdie Uitsondering nie van toepassing is nie op:
12.1 enige eis deur ʼn direkteur ingestel of in stand gehou, vir bydrae, of skadeloosstelling indien die eis regstreeks ontstaan uit ʼn ander eis wat normaalweg ingevolge hierdie Afdeling van die Polis ingesluit word;
12.2 onderworpe aan Uitsondering 9, enige aandeelhouer-aksie ingestel, of in stand gehou namens die Versekerde en sonder die versoek, hulp of deelname van enige direkteur of die Versekerde;
12.3 enige eis ingestel of in stand gehou deur ʼn kurator, likwidateur, ontvanger of ʼn administratiewe ontvanger hetsy regstreeks of deur afleiding namens die Versekerde en sonder die versoek, hulp of deelname van enige direkteur of die Versekerde;
12.4 enige eis ingestel of in stand gehou deur enige voormalige direkteur van die Versekerde;
12.5 enige indiensneming praktyke oortredings.
13. Voorafgaande eise en omstandighede
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan:
13.1 enige eis ingestel voor, of hangende eis tydens die aanvang van die Afdeling van die Polis;
13.2 enige gebeurtenis wat, vanaf die aanvang van hierdie Afdeling van die Polis, redelikerwys verwag kon word om tot ʼn eis aanleiding te gee;
13.3 enige gebeurtenis of eis waarvan kennis gegee is onder enige polis wat nog geldig is, of reeds verstryk het, voor of op die aanvangsdatum van hierdie Afdeling van die Polis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
niks wat in hierdie Uitsluiting vervat is, geïnterpreteer sal word dat die Versekerde van die verpligting vrygestel word om as wesenlike feit alle besonderhede van eise ingestel, of omstandighede, of gebeurtenisse wat heelwaarskynlik tot ʼn eis aanleiding kan gee, bekend te maak nie.
14. VSA/Kanada Eise
voortspruitend uit, gebaseer op, of toeskryfbaar aan, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of as gevolg van, of op enige manier betrokke te raak by ʼn geval of eis waar verligting benodig word, of regsaksie, of 'n regsgeding bedreig word, of in ʼn hof, of enige ander owerheid verder gevoer word, ingestel in die Verenigde State van Amerika en/of Kanada, of voortspruitend uit enige aktiwiteite wat in die Verenigde State van Amerika en/of Kanada bedryf word.
SPESIFIEKE VOORWAARDES 1. Aanmelding van ʼn eis
Die Versekerde sal die Maatskappy so spoedig moontlik skriftelik in kennis stel:
1.1
1.2 1.3 1.4 1.5
na ontvangs van die skriftelike aanmaning, bediening van dagvaarding, of instelling van regsgedinge, arbitrasie of ʼn ander afwisselend verskil oplossing wat beweer ʼn wederregtelike daad, of nadat die Versekerde bewus geword het van, die intensie van enige persoon wat sodanige aksie teen enige direkteur aanhangig wil maak;
na ontvangs van ʼn skriftelike kennisgewing van enige kriminele vervolging van enige direkteur in hulle amp as sodanig;
na ontvangs van ʼn skriftelike kennisgewing dat hul teenwoordigheid by enige Regulatoriese Ondersoekverhoor benodig word;
na ontvangs van ʼn skriftelike kennisgewing van enige bevel of aanklag teen ʼn direkteur in hulle amp as sodanig;
na bewuswording van enige feit, omstandigheid of gebeurtenis wat te eniger tyd aanleiding kan gee tot enige sodanige aanmaning of aksie, soos in 1.1 tot 1.4 bepeins word.
Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
  Bladsy | 146
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022





































































   146   147   148   149   150