Page 150 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 150

 11. Toekenning tussen die Versekerde en die direkteur
Die Maatskappy sal slegs aanspreeklik wees om skadeloosstelling te verleen vir ʼn eis wat verseker is teen ʼn direkteur. Die Maatskappy het geen verpligting kragtens hierdie Afdeling van die Polis om te betaal vir verdedigingskoste aangegaan vir uitsprake teen, of skikkings deur die Versekerde aangegaan wat spruit uit ʼn eis wat teen die Versekerde ingestel is, ook het die Maatskappy geen verpligting om skadeloosstelling te verleen voortspruitend uit enige regsaanspreeklikheid wat die Versekerde teenoor ʼn eiser mag hê nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT: ten opsigte van:
1. verdedigingskoste gesamentlik aangegaan deur;
2. enige gesamentlike skikking aangegaan deur; en/of
3. enige uitspraak van gesamentlike en afsonderlike aanspreeklikheid teen die Versekerde en enige direkteur.
In verband met enige eis, stem die Versekerde en enige direkteur en die Maatskappy hiermee in, om hulle onderskeie beste pogings aan te wend om ʼn regverdige, en geskikte toekenning van aanspreeklikheid en die bedrae soos tussen die Maatskappy, enige sodanige direkteur en die Versekerde, met inagneming van die betrokke regs- en finansiële -blootstelling, en die betrokke voordele verkry deur die Versekerde en enige sodanige direkteur.
In die geval dat enige eis beide versekerde aangeleenthede, sowel as aangeleenthede of persone wat nie kragtens hierdie Afdeling verseker is nie, insluit, word ʼn regverdige en geskikte toekenning van enige verdedigingskoste, uitsprake, en/of skikkings tussen die Versekerde, die direkteur en die Maatskappy gemaak, met inagneming van die betrokke regs- en finansiële -blootstelling, toe te skryf aan aangeleenthede wat verseker is, en aangeleenthede en mense wat nie kragtens hierdie Afdeling van die Polis verseker is nie.
12. Verdediging en skikking
Enige persoon wat die aanmelding doen of hierkragtens skadeloos gestel word, moet op eie koste, alle redelike hulp verleen en saam met die Maatskappy werk. Enige sodanige persoon sal, in die geval van enige eis, alle redelike stappe doen om verliese te beperk. Behalwe as andersins voorsien in hierdie Voorwaarde, sal die Versekerde die reg en plig hê om enige eis teen hulle gemaak te verdedig en te betwis. Die Maatskappy sal daarop geregtig wees om ten volle deel te neem aan die verdediging en onderhandeling van enige skikking wat die Maatskappy betrek of waarskynlik lyk om hulle te betrek. Die Maatskappy sal ook daarop geregtig wees om, indien hulle dit so verkies, oor te neem en namens die Versekerde die verdediging, of skikking van enige eis te hanteer, of om namens die Versekerde, tot die Maatskappy se eie voordeel vir enige eis vir skadeloosstelling, of skade, of andersins, te vervolg. Die Maatskappy sal volle diskresie uitoefen in die uitvoer van sodanige gedinge en in die skikking van enige sodanige eis.
Die Maatskappy mag die Versekerde te eniger tyd in verband met enige eis, of reeks eise, die Skadeloosstellingsperk betaal na aftrekking van enige bedrag of bedrae wat reeds betaal is, of enige verminderde bedrag waarvoor die eis of eise redelikerwys geskik kan word. Nadat sodanige betaling gemaak is, sal die Maatskappy die beheer en bestuur van sodanige eis of eise laat vaar en onder geen verdere aanspreeklikheid daarvolgens wees nie.
WOORDOMSKRYWINGS
Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
  Maatskappywet
 Eis
     Verdedigingskoste
Die redelike koste en uitgawes aangegaan met die Maatskappy se voorafgaande skriftelike toestemming in verband met die ondersoek, verdediging, skikking of appèl van ʼn eis. Verdedigingskoste sluit nie besoldiging, koste van tyd, of bedryfskoste van die Versekerde of enige direkteur in nie. Verdedigingskoste mag die redelike fooie, koste en uitgawes
van ʼn geakkrediteerde kundige in diens geneem deur ʼn regsadviseur goedgekeur deur die Maatskappy, om ʼn evaluasie voor te berei, verslag, waardebepaling, diagnose of ʼn weerlegging van bewyse in verband met die waardebepaling of die verdediging van ʼn eis
    Die Maatskappywet Nr. 71 van 2008, soos gewysig
ʼn Skriftelike aanmaning of ʼn siviele, regulerende of arbitrasiegeding waardeur skadevergoeding vir ʼn beweerde of werklike wederregtelike daad verlang word
  Bladsy | 148 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022














































































   148   149   150   151   152