Page 151 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 151

 Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
    Direkteur
  Enige natuurlike persoon wat, vir die doel van hierdie Afdeling van die Polis, geag word die Versekerde te wees, en wat:
1. ʼn direkteur, voormalige direkteur of ʼn afwisselende direkteur is, insluitende:
1.1 die eggenoot van ʼn direkteur (hetsy die status verkry is vanweë statutêre reg, gemene reg of andersins van enige toepaslike regsbevoegdheid in die wêreld) as gevolg van sy of haar status as die eggenoot van daardie direkteur, insluitend enige eis wat verhaling van skade verlang van die gemeenskaplike eiendom deur die huwelikskontrak bepaal of eiendom wat gesamentlik besit word deur die direkteur en die eggenoot;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding nie dekking sal verleen vir enige eis vir enige wederregtelike optrede deur die eggenoot nie, maar wel van toepassing is op wederregtelike optrede gepleeg deur ʼn direkteur;
1.2 die eksekuteur, erfgename of regsverteenwoordigers van ʼn direkteur wat oorlede is, of die wettig aangestelde regsverteenwoordigers van ʼn direkteur wat onbevoeg verklaar is, bankrot of gelikwideer is, tot die mate dat in die afwesigheid van sodanige dood, onbevoegdheid, bankrotskap of likwidasie, sodanige eis teen die betrokke direkteur ingesluit sou wees kragtens hierdie Afdeling van die Polis;
2. ʼn voorgeskrewe beampte soos gedefinieer in die Maatskappywet, insluitend die maatskappy sekretaris;
3. ʼn werknemer in ʼn bestuurs- of toesighoudende hoedanigheid;
4. ʼn lid van ʼn komitee van die raad insluitend die ouditkomitee en wat in sodanige hoedanigheid optree vir die Versekerde
   Indiensneming praktyke oortredings
   1. enige werklike of beweerde onbillike en onregmatige afdanking, ontslag of diensbeëindiging, of werklik of konstruktief, insluitende skending van ʼn onuitgesproke kontrak;
2. werksverwante wanvoorstelling;
3. onregmatige versuim om in diens te neem of te bevorder, onbillike ontneming of weerhouding van loopbaangeleenthede, of onregmatige dissipline; versuim om akkurate werksverwysings te verskaf; versuim om permanente aanstelling te verskaf, nalatige of agtelosige werknemers- evaluasie, seksuele of werksplek- of rassistiese of ongeskiktheids-teistering (insluitende die beweerde skepping van ʼn teisterende werkomgewing);
4. onwettige diskriminasie, hetsy regstreeks of onregstreeks, opsetlik of per abuis, versuim om voldoende werksbeleide en -prosedures te voorsien;
5. vergelding (insluitende uitsluitings);
6. enige ander grondslag vir ʼn eis uitgeoefen na aanleiding van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 1998 of die Wet op Arbeidsverhoudinge Nr. 66 van 1995 of gelykstaande wetgewing gevind in ander regsgebiede;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die voorafgaande handeling, fout, versuim of grondslag verband hou met die werk of voornemende werk of enige vorige, huidige, toekomstige of voornemende werknemer van die Versekerde
   Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 149














































































   149   150   151   152   153