Page 153 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 153
Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
Wederregtelike dade
Enige werklike of beweerde wederregtelike verbreking van vertroue of plig, fout, versuim, wanvoorstelling, misleidende verklaring, of ander wederregtelike dade of versuim deur ʼn direkteur wat uitsluitlik in sodanige kapasiteit optree en wat onverwags en onopsetlik tot aanspreeklikheid onder hierdie Afdeling van die Polis lei, insluitende enige indiensneming praktyke oortredings
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
Bedrae hierkragtens betaal, word ingesluit by die Skadeloosstellingsperk vir hierdie Afdeling van die Polis en word nie bykomend tot die Skadeloosstellingsperk betaal nie.
1. Nood-regskoste
Indien die Maatskappy se vooraf skriftelike toestemming nie redelikerwys bekom kan word, voordat verdedigingskoste ten opsigte van ʼn eis aangegaan word nie, sal die Maatskappy terugwerkend toestemming vir sodanige verdedigingskoste gee, onderworpe aan ʼn maksimum perk van 10% (tien persent) van die Skadeloosstellingsperk;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige koste redelikerwys en noodsaaklikerwys as ʼn saak van dringendheid aangegaan word, in die hantering van ʼn eis wat die onderwerp van skadeloosstelling ingevolge Versekeringsooreenkoms 1 of 2 hierbo is.
2. Nuwe filiale
Indien die Versekerde, gedurende die versekeringstydperk, ʼn nuwe filiaal aankoop of inlyf, word dekking as volg verleng:
2.1 indien die nuut ingelyfde of nuut aangekoopte filiaal se totale bruto bates, soos uiteengesit in die jongste geouditeerde jaarlikse finansiële state, die Versekerde se totale bruto bates, soos verklaar by die aanvang van hierdie Afdeling van die Polis, met meer as 25% (vyf en twintig persent) oorskry, of die filiaal het ʼn voorafgaande eisgeskiedenis, of is ingelyf of woonagtig of werksaam, hetsy ten volle of gedeeltelik in die Verenigde State van Amerika en/of Kanada, sal die Versekerde sodanige inligting wat die Maatskappy vereis aan die Maatskappy verskaf en, indien die Maatskappy kies om sodanige filiaal onder hierdie Afdeling van die Polis in te sluit, sal die Versekerde die redelike bykomende premie binne 45 (vyf en veertig) dae na sodanige instelling of verwerwing betaal.
2.2 indien die nuut ingelyfde of nuut aangekoopte filiaal se totale bruto bates, soos uiteengesit in die jongste geouditeerde jaarlikse finansiële state, nie die Versekerde se totale bruto bates, soos verklaar by die aanvang van hierdie Afdeling van die Polis, met meer as 25% (vyf en twintig persent) oorskry nie, en die filiaal nie ʼn voorafgaande eisgeskiedenis het nie, of is nie ingelyf of woonagtig of werksaam, hetsy ten volle of gedeeltelik in die Verenigde State van Amerika en/of Kanada nie, sal dekking outomaties van toepassing wees sonder om enige bykomende premie te betaal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dekking in beide gevalle 2.1 en 2.2 slegs van toepassing sal wees op ʼn wederregtelike daad wat gepleeg is of na bewering gepleeg is na die datum van inlywing of verwerwing.
3. Regulatoriese ondersoekkoste
Die versekering kragtens hierdie Afdeling van die Polis word uitgebrei om die redelike regskostes, koste en uitgawes in te sluit, wat aangegaan is deur of namens ʼn direkteur, met die vooraf skriftelike toestemming van die Maatskappy, wat verband hou met die voorbereiding vir, en bywoning van die direkteur by ʼn regulatoriese ondersoekverhoor.
4. Toegelate voorskotte ingevolge die Maatskappywet
Die Maatskappy sal, waar toelaatbaar deur die wet, ʼn voorskot maak vir onkostes en uitgawes deur ʼn direkteur aangegaan, gedurende die versekeringstydperk met die vooraf skriftelike toestemming van die Maatskappy, vir die verdediging van bewerings van:
4.1 enige kriminele daad;
4.2 opsetlike wangedrag, opsetlike verbreking van vertroue, roekelose handeldrywing of verbreking van gesag, waar die opbrengs prysgegee word of die direkteur van blaam onthef word;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 151