Page 154 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 154

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
al sodanige koste, onkostes en uitgawes voorgeskiet in terme Afdeling 78(4)(a) van die Maatskappywet, of enige ander bepaling, aan die Maatskappy terug betaal sal word indien die verdediging onsuksesvol is.
5. Verlengde aanmeldingstydperk
Indien die Versekerde die keuse uitoefen om nie die Polis te hernu of te verleng nie, en die Versekerde nie enige soortgelyke regsaanspreeklikheidsversekering in werking stel as plaasvervanger nie, en die Versekerde dit spesifiek aan die Maatskappy verklaar voor die Polis verval, sal die versekering kragtens hierdie Afdeling vir ʼn tydperk van 60 (sestig) dae verleng word, om skriftelike kennisgewing van enige eis aanvanklik teen ʼn direkteur ingestel, gedurende sodanige verlengde tydperk of Versekeringstydperk, in te sluit, vir enige wederregtelike dade wat plaasvind voor die verstryking van die Versekeringstydperk en, waarvan die Maatskappy gedurende die verlengde aanmeldingstydperk (wat onmiddellik na die vervaldatum van hierdie Afdeling van die Polis begin) kennis dra. Die wederregtelike dade moes na die Terugwerkende Datum wat in die Skedule vermeld word plaasgevind het, en voor die verstryking van hierdie Afdeling van die Polis.
6. Vervolgingskoste
Die Maatskappy sal betaal vir die redelike regskoste, onkostes en uitgawes, wat ʼn direkteur aangaan met die vooraf skriftelike toestemming van die Maatskappy, welke toestemming nie onredelik weerhou sal word nie, om regstappe in te stel om die ontslag of herroeping van die volgende te bekom:
6.1
6.2
6.3
6.4 6.5
ʼn bevel wat gedurende die versekeringstydperk bekom is, wat ʼn direkteur sal diskwalifiseer om in die amp van direkteur te dien kragtens Afdeling 69 van die Maatskappywet;
ʼn tussentydse bevel wat gedurende die versekeringstydperk bekom is, wat die reg van eienaarskap van vaste eiendom of persoonlike bates van ʼn direkteur konfiskeer, beheer, ophef of vries;
ʼn aanklag wat gedurende die versekeringstydperk teen vaste eiendom of persoonlike besittings van ʼn direkteur gemaak is;
ʼn hofbevel bekom gedurende die versekeringstydperk wat ʼn direkteur se vryheid aan bande lê;
die deportasie van ʼn direkteur na aanleiding van ʼn tussentydse bevel gedurende die versekeringstydperk van andersins egte, geldende en geldige immigrasiestatus vir enige rede behalwe die direkteur se skuldigbevinding aan ʼn misdaad.
Direkteure- en amptenare aanspreeklikheid
  Bladsy | 152
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022

















































































   152   153   154   155   156