Page 156 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 156

 Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
 2. Eise wat dieselfde behels of regstreeks verband hou met Wederregtelike Dade of Skadelike Dade maak ʼn enkele Eis uit, wat ontstaan op die vroegste datum waarop ʼn Eis die eerste keer ingestel word en na sodanige Wederregtelike Daad of Skadelike Daad verwys;
3. die Maatskappy is slegs aanspreeklik om daardie deel van elke Verlies of Uitgawe te betaal, wat die toepaslike Eerste bedrag betaalbaar oorskry. Die Eerste bedrag betaalbaar is van toepassing op ieder en elke eis;
4. indien meer as een van die Omskrewe Gebeurtenisse op ʼn Eis van toepassing is, sal die hoogste Eerste Bedrag Betaalbaar vermeld in die Skedule toegepas word. Enige tydsuitsluiting wat van toepassing is sal bykomend wees tot die Eerste Bedrag betaalbaar ongeag die voorgenoemde;
5. Geeneen van Algemene Voorwaarde 1 óf enige van die Uitbreidings, vervat in die Polis, sal van toepassing wees op die dekking verleen onder hierdie Afdeling nie, tensy andersins vermeld word in die Skedule.
MEMORANDUM
Hierdie Afdeling vorm deel van die Polis en in die geval van enige teenstrydigheid tussen die Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings van die Polis en hierdie Afdeling, sal die Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings van die Polis voorkeur geniet.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir enige betaling nie, rakende enige Eis gebaseer op, voortspruitend uit of as gevolg van:
1. Afdreiging
enige Kuberafdreiging deur enige regeringsinstansie of openbare owerheid. Die Versekerde sal sy/haar beste pogings aanwend om nie die bestaan van Kuberafdreigingsverlies-versekering bekend te maak nie. Indien kennis daarvan, sonder die toedoen van die Maatskappy, die openbare domein betree of bekendgemaak word aan ʼn party wat ʼn Kuberafdreiging inhou, mag die Maatskappy die Kuberafdreigingsverlies-versekering met onmiddellike effek van die datum dat sodanige kennis bekend geword het, kanselleer.
2. Apparatuur (hardeware), rekenaarstelsels
die verweer en slytasie, afname in werksverrigting, progressiewe of geleidelike agteruitgang, of veroudering van elektroniese toerusting en/of hardeware of die Versekerde se versuim om enige Rekenaarstelsels, sagteware of ander toerusting in stand te hou.
3. Bedryfsverliese
3.1 enige bedryfsverliese, bedryfsaanspreeklikhede of verandering in waarde van rekeninge;
3.2 enige verlies, oordrag van, diefstal van gelde, sekuriteite of tasbare eiendom van ander in die sorg, toesig of beheer van die Versekerde Organisasie;
3.3 monetêre waarde van enige elektroniese fondsoorplasings of transaksies verloor, verminder of beskadig gedurende oorplasing, of die sigwaarde van koepons, pryskortings, pryse, toekennings, of enige ander waardevolle vergoeding meer as die ooreengekome totale of die verwagte bedrag.
4. Beroepspraktyke
die Versekerde se beroepspraktyke.
5. Besoedeling
5.1 die teenwoordigheid van wesenlike, beweerde of dreigende storting, verstrooiing/verspreiding, vrystelling of ontsnapping van besoedelaars of kontaminasie van enige aard;
5.2 bevel of versoek om op enige manier te reageer op of, om die uitwerking van besoedelaars of kontaminasie van enige aard te assesseer;
of
5.3 die bestaan, vrystelling of storting van enige elektromagnetiese veld/bestraling of elektromagnetisme wat enige persoon, omgewing of eiendom affekteer.
Vir hierdie Uitsluiting sal kontaminasie nie Kwaadwillige Kode insluit nie.
Bladsy | 154 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
 








































































   154   155   156   157   158