Page 158 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 158
Kuberversekering (eise ingestel-grondslag)
17. Regstelling van swakhede
die versuim om swakhede of defekte in die Versekerde se Rekenaarstelsel of prosesse reg te stel of te verbeter, wanneer dit al onder die aandag van die Versekerde se hoofpersoon, vennoot of direkteur (of enige gelykstaande posisie) gekom het, met genoegsame tyd om dit reg te stel om die impak van ʼn gevolglike Eis te vermy, te verminder of te versag.
18. Verbetering
enige koste of uitgawes aangegaan deur die Versekerde om:
18.1 enige foute of swakhede in sagteware te identifiseer of te remedieer;
18.2 enige deel van die Versekerde se Rekenaarstelsel op te dateer, te vervang, op te gradeer, te herskep of te versterk tot op ʼn vlak bo dit wat bestaan het voor die Wederregtelike Daad; of
18.3 enige Data na te vors of te ontwikkel, insluitend, maar nie beperk nie tot bedryfsgeheime of ander eienaarsinligting; of
18.4 sekuriteits- of privaatpraktyke, prosedures of beleide te vestig, te implementeer, in stand te hou, te verbeter of te remedieer.
19. Versekerde teen Versekerde
of ingestel of in stand gehou deur of namens enige Versekerde, behalwe vir Wederregtelike Dade wat ʼn wesenlike of potensiële Skending van Privaatheid tot gevolg het onder Omskrewe Gebeurtenis 1; of ʼn Eis ingestel deur ʼn Versekerde wat regstreeks spruit uit ʼn Eis andersins onder hierdie Polis gedek.
20. Vooraf omstandighede en litigasie
enige omstandigheid wat plaasgevind het of na bewering plaasgevind het voor die Terugwerkende Datum of die aanvang van hierdie Afdeling; wat ook al eerste geskied, of enige omstandigheid waar enige geskrewe kennisgewing gegee of aanvaar is onder enige polis waarby hierdie Afdeling as hernuwing of vervanging aangeheg is.
21. VSA/Kanada
regstreeks of onregstreeks voortspruitend uit, of as gevolg van, of om op enige manier enige saak of Eis waar regshulp verlang word, of waar regsaksie of litigasie dreig of nagestreef word in ʼn geregtelike hof of ander owerheid, gekonstitueer in die VSA en/of Kanada, of voortspruitend uit enige aktiwiteite wat in die VSA en/of Kanada bedryf word.
OMSKRYWINGS
Eis
1. ʼn geskrewe eis vir skade of geregtelike verligting teen ʼn Versekerde;
2. ʼn siviele, kriminele of strafregtelike, administratiewe, ondersoekende of regulatoriese verrigtinge, of arbitrasie aan die gang gesit teen ʼn Versekerde deur ʼn verklaring of eis of soortgelyke pleidooi op hom/haar te bedien, die ontvangs of indien van ʼn kennisgewing van aanklagte, verhoor of verrigtinge, die uitspraak op ʼn aanklag of die indien van ʼn inligtingsversoek, of ʼn kennisgewing van voorneme tot bemiddeling of soortgelyke dokument;
3. ʼn handeling begin deur die Versekerde se ontvangs van ʼn klagte gerig aan of, by die Inligtingsreguleerder of, ʼn soortgelyke regeringsreguleringsliggaam;
4. vir Omskrewe Gebeurtenis 2, kennisgewing deur die Versekerde aan die Maatskappy van ʼn wesenlike of potensiële Skending van Privaatheid of ʼn Breuk in Netwerksekuriteit;
5. vir Omskrewe Gebeurtenis 3 en 4, sal Eis slegs verwys na ʼn Breuk in Netwerksekuriteit; of
6. vir Omskrewe Gebeurtenis 5, sal Eis slegs verwys na ʼn Kuberafdreiging
Eisuitgawes
redelike en noodsaaklike koste, heffings, fooie en uitgawes (buiten gereelde of oortydbetaling, salarisse, fooie of oorhoofse kostes van die Versekerde of enige Ondergeskikte) aangegaan deur die Maatskappy of die Versekerde met geskrewe vooraftoestemming van die Maatskappy, in die verdediging van Eise of die ondersoek van omstandighede wat, na die Versekerde se weloorwoë mening, tot ʼn Eis mag lei
Bladsy | 156 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022